National
Amplats laat weet hoeveel poste hy gaan sny─── 09:49 Fri, 10 May 2013

Johannesburg - Die mynreus Anglo American Platinum gaan vandag aankondig hoeveel poste hy gaan sny. Die SABC berig daar word verwag dat Amplats sy vorige getal werksverliese radikaal gaan terugsny terwyl hy probeer om sy koste daarvoor en die dreigement van arbeidsonrus te balanseer. Die maatskappy het beplan om 14 000 poste te sny, en twee myne uit bedryf te stel om weer winste te maak. Volgens die berig gaan die poste dalk net met sowat 5 000 gesny word. Militante werkers het reeds aangedui dat hulle sal staak selfs al word minder poste gesny.
SABC
SABC