On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Renosterstropers steeds soek

───   12:35 Mon, 06 May 2019

Landbounuus-podcast:  Renosterstropers steeds soek | News Article
File image

Die Valke is nog steeds op soek na verdagtes nadat hulle die naweek renosterhorings met 'n beraamde waarde van R38 miljoen, in 'n pakhuis in Johannesburg gevind het.


Volgens die Gautengse Valke-woordvoerder, Ndivhuwo Mulamu, is die horings, wat vermoedelik vir Maleisië bestem was, weggesteek in wynkratte, toe dit deur owerhede onderskep is. Intussen sê SANParke dat 'n voormalige nasionale parke werker een van twee mense was wat in hegtenis geneem is met die vermoede dat hulle verlede naweek op 'n renosterstroop-missie was. 

Hulle is Woensdag in die Tshokwane-afdeling van die Krugerwildtuin vasgetrek. Mulamu sê die voormalige werker is aangekla van vervaardiging en verskaffing van dwelms en sal na verwagting Maandag voor die landdroshof in Soweto verskyn. In 'n ander voorval, twee weke gelede, is twee verdagtes tydens 'n operasie met meer as 167 renosterhorings in die Hartbeespoortdam-gebied in Noordwes vasgetrek. 

Renosterstropery bly steeds die grootste kommer vir die Suid-Afrikaanse Departement van Omgewingsake, en volgens die departement is net meer as 1 000 renosters in 2018 in Suid-Afrika gestroop. Dit toon dat minstens twee renosters elke dag verlede jaar doodgemaak is.

EN

Graan SA en Nampo se Oesdag - 'n landbou- en handelstentoonstelling met die fokus op landbou - is om die draai en bied produsente die geleentheid om 'n wye verskeidenheid van produkte en dienste met mekaar te vergelyk, en om sodoende ingeligte besluite te neem. 

Die voorsitter van die Nampo Oesdag-komitee, Danie Minnaar, het aan OFM-nuus gesê waarna besoekers op vanjaar se Oesdag van 14 tot 17 Mei by Nampo-park net buite Bothaville in die Vrystaat kan uitsien. Die boere-patente bied onder meer altyd iets nuuts.

Nampo-park ondergaan elke jaar vernuwings met sommige uitstallers wat hulle eie infrastruktuur oprig en verbeter.

Nampo het ook meer paaie op die terrein geplavei en daar is vanjaar baie nuwe uitstalruimtes geskep en bestaandes is opgeknap. Besoek Graan SA we webblad vir inligting oor verdere hoogtepunte en hoe om afslag op toegangsgeld te kry.


OFM News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.