On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Fokus-podcast: Meer oor Thoko Didiza minister van landbou, miltsiekte-uitbreking en bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:02 Thu, 06 Jun 2019

Agri Fokus-podcast:  Meer oor Thoko Didiza minister van landbou, miltsiekte-uitbreking en bek-en-klouseer | News Article

In the OFM Agri Focus insert we look at some of the top stories in the agriculture sector this past week... OFM News’ Christal-Lize Muller reports...


The appointment of Thoko Didiza as Minister of Agriculture, Rural Development and Land Reform has been welcomed by various roleplayers in the industry. President Cyril Ramaphosa announced his new cabinet and changes to a number of portfolios last Wednesday, reducing the number of ministries. Didiza, who will replace Senzeni Zokwana, who served in this position since 2014, is among half of the ministers who are women. Zokwana did not make the list of candidates to the National Assembly. Sdumo Dlamini and Mcebisi Skwatsha are the new deputy ministers of agriculture after the portfolio was combined with Land Reform and Rural Development. Environmental Affairs was combined with Forestry and Fisheries while Human Settlements was combined with Water and Sanitation. Ramaphosa said the people he appointed must realise the expectations of South Africans have never been greater and they shoulder a great responsibility.

Agri SA hoop dat die nuwe minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, vennootskappe met boere sal nastreef sodat die bedryf kan groei en volhoubare transformasie verseker kan word. Dié landbouorganisasie se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê Agri SA is ten gunste van die Agri-ontwikkelingsfonds vir opkomende boere.  

Die Departement van Landbou se afdeling vir dieregesondheid is in kontak met hul eweknieë in Lesotho om veilige handel te verseker ná die uitbreking van miltsiekte naby Maseru. Die departement sê 'n verbod is ingestel op die invoer van lewende diere en hul produkte, soos wol, van Lesotho na Suid-Afrika. Dit kom nadat Lesotho se veterinêre owerheid drie uitbrekings van miltsiekte - wat deur 'n bakterie veroorsaak word en mense en warmbloedige diere raak- aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) gerapporteer het. Mense in Lesotho is ook met die virus besmet nadat karkasse oopgesny en die besmette vleis geëet is. Die eerste uitbreking was op 12 Mei en altesaam 24 beeste het gevrek.

Suid-Afrika kan weer rouwol na China uitvoer maar daar is steeds sekere vereistes waaraan voldoen moet word. Die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) se algemene bestuurder, Leon de Beer, sê onderhandelinge met China was suksesvol nadat die Suid-Afrikaanse departement van landbou bekendgemaak het dat bek-en-klouseer amptelik in Limpopo se bek-en-klouseervryesone onder beheer is. Bek-en-klouseer het op 7 Januarie vanjaar in die Vheme-distrik uitgebreek. Volgens die departement was daar sedert Februarie vanjaar geen nuwe voorvalle wat in dié siektebeheergebied voorgekom het nie. De Beer sê die uitvoer van rouwol na China is goeie nuus, maar daar is ‘n vertraging in die proses.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.