On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nog 'n boer is verlore vir die bedryf- VF+

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:38 Mon, 22 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Nog 'n boer is verlore vir die bedryf- VF+ | News Article

Nog 'n boer is verlore vir die bedryf weens onder meer die ANC se gebrek aan 'n daadwerklike plan om landelike gemeenksappe te beveilig.


Dit is die leier van die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat, Jan van Niekerk, se reaksie nadat  'n opkomende boer, Johannes Mangena Mazibuku, Donderdag op sy plaas in die Frankfort-gebied in die Vrystaat vermoor is. Mazibuko het 'n wrede mesdood gesterf en van sy beeste is gesteel. Van Niekerk sê dit was die tweede moord op 'n plaas in die Vrystaat in 'n bestek van 'n week, nadat Sakkie en Ina van der Berg verlede Vrydag in hul plaashuis vasgebind, aangerand en geskiet is. Hy sê juis daarom bly die Vryheidsfront Plus by sy standpunt dat 'n spesialis landelike-beveiligingseenheid spoedig gevestig moet word. Intussen sê 'n polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Josephine Rani, 'n verdagte het Maandag op 'n aanklag van veediestal in die landdroshof in Frankfort verskyn, nadat hy betrap is met beeste wat glo aan Mazibuku behoort. Sy sê Mazibuku se selfoon was afgeskakel en die polisie is saam met van sy familielede na die plaas waar sy lyk in 'n ou huis op die plaas gevind is.Rani sê die polisieondersoek duur voort en nog inhegtenisneming in verband met Mazibuku se moord kan volg.

Gemeenskappe in Noordwes vind nou baat by projekte wat fokus op die bevordering van voedselsekuriteit. Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se woordvoerder, Emalda Sethlako, sê sentrums vir gestremde mense, bejaardes en kinders vorm deel van die projek. Dié instellings gaan groente produseer vir die gemeenskap. Sy sê daarmee saam is 150 behoeftige families ook betrokke. Die projekte is by die Emmanuel-sentrum vir bejaardes in die Jouberton-township in die Matlosana-munisipaliteit onlangs bekendgestel. Die LUR van landbou in die provinsie, Desbo Mohono, het toe gesê dit is juis in dié gebied begin, weens die hoë werkloosheidsyfer, omdat talle omliggende myne reeds gesluit is.

EN

Steeds by landbouprojekte... Die LUR van landbou en ekonomiese ontwikkeling in Gauteng, Kgosientso Ramokgopa, sê inwoners van die Vaaldriehoek moet nou oorskakel na landbouprojete om hul plaaslike ekonomie te red. Ramokhopa het aan OFM-nuus se Paila Chauke in Sharpville, wat tussen Vanderbijlpark and Vereeniging geleë is,  gesê veral jongmense moet belê in die landboubedryf, sodat hulle kos vir hul gesinne kan produseer en daarmee bydra tot werkskepping.  Ramokgopa se besoek aan skole in Sharpville waar groenteprojekte gevestig word, het deel gevorm van die herdenking van Nelson Mandela se lewe waarin mense 67 minute van hul tyd wy om 'n goeie daad te verrig.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.