On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tien grootste kommersiële grondeienaars in elke provinsie bekendgemaak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Wed, 04 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Tien grootste kommersiële grondeienaars in elke provinsie bekendgemaak | News Article

Die tien grootste kommersiële grondeienaars in elke provinsie in Suid-Afrika is bekendgemaak nadat die EFF in die Parlement navraag daaroor gedoen het


Die name van eiendomme wat dié lys in die Noord-Kaap gehaal het, sluit in, onder meer, die Frances Baard-distriksmunisipaliteit, Duikersfontein-trust en die Concordia-gemeenskap. Die nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het op die parlement se webtuiste gesê munisipaliteite in die onderskeie provinsies monitor grondverbruik. Daarmee saam is grondeienaars, wat op dié lys genoem word, daarop weens die grootte van die plase per provinsie. Die departement het verder gesê die Aktekantoor het nie besonderhede van produksie op dié grond nie. Nóg name van eiendomme in die Noord-Kaap, wat die lys gehaal het, is die regering en die Richtersveld-gemeenskap.

Landbou het nie bygedra tot Suid-Afrika se ekonomiese prestasie met die Bruto Binnelandse Produk (BBP) wat in die tweede kwartaal vanjaar met 3,1% gegroei het nie. Verskeie ekonome was verras dat landbou 'n daling van 4,2% behaal het. Mammelo Matikinca-Ngwenya, hoofekonoom van FNB, sê die landboubedryf se inkrimping is te danke aan die laer produksie van tuinbouprodukte en gewasse. Hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, Wandile Sihlobo, meen ná 'n sterk inkrimping in die eerste kwartaal vanjaar, was daar goeie vooruitsigte dat die situasie in dié bedryf gaan verander. Hy meen egter dit is belangrik om daarop te let dat dié syfers volgens die seisoen aangepas is. Dit kom daarop neer dat die verhoogde verbouing op grondvlak moontlik nie die data weerspieël nie. Sihlobo sê die data word bepaal deur groter somergewasse soos mielies en sojaboon, wat swak in die 2018/19-seisoen presteer het.

Daarmee saam meen nog 'n landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, dié kwartaallikse Bruto Binnelandse Produk (BBP) moet in perspektief gesien word. Hy sê Suid-Afrika het in geheel 'n ressessie afgeweer met die BBP se styging wat ekonome verras het. 'n Gemiddelde groeikoers van tussen 2,4% en 2,5% is aanvanklik verwag. Laubscher sê dié afname in die landboubedryf se bydrae tot die BBP is slegte nuus en die bedryf kan 'n verdere opdraendestryd verwag. Volgens hom kon die situasie egter veel slegter daarna uitgesien het as dit nie vir graanprodusente in veral die westelike deel van die land was nie, wat in Januarie en Februarie vanjaar teen 'n geweldige tempo met hul somergraangewas-aanplantings begin het ná laat reëns.    

EN

Die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat is steeds oortuig daarvan dat landbou die beste hoop vir ekonomiese groei in Suid-Afrika bied. Bulwane het Maandag aan OFM-nuus gesê die departement verwelkom die Nasionale Tesourie se nuwe beleidsdokument om ekonomiese groei in die land op dreef te kry. Dié dokument is verlede week bekendgemaak. Bulwane meen juis daarom moet die proses van grondonteiening plaasvind sodat alle Suid-Afrikaners toegang tot grond kan kry. Volgens hom moet die vierde industriële rewolusie ook voortgebring word met die gebruik van nuwe tegnologie, want met 'n innoverende benadering in landbou, kan dié bedryf ekonomies groei.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.