On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere Droogtehulp SA moedig dieselskenkings aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:42 Wed, 19 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Boere Droogtehulp SA moedig dieselskenkings aan | News Article

Die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, samel nou diesel in kanne in, vir onder meer reisdoeleindes om veevoerskenkings aan boere in droogtegebiede in die Noord-Kaap moontlik te maak.


Dié dieselprojek begin vandag en vind in samewerking met Hinterland by sy vulstasie in Bloemfontein plaas. Die projek duur tot volgende week. Boere Droogtehulp SA se Jan Lotz sê vyf liter kanne is beskikbaar.


EN

Die situasie in die wynbedryf is in die stadium nie rooskleurig nie. Meer as 20 000 werksgeleenthede is verlore. Meer mense se lewens gaan ook negatief geraak gaan word weens die verbod op die handel van drank, wat in Maart vanjaar deur die regering as deel van die Covid-19-inperkingsregulasies, in plek gestel is. Dié verbod is intussen opgehef. Maryna Calow, kommunikasiebestuurder van Wines of South Africa, sê daar is wynprodusente wat noodgedwonge hul plase nou sal moet verkoop. Daarmee saam is daar heelwat kelders wat ook hul deure in die komende ses tot 18 maande, sal moet sluit. Calow sê die inperkingsregulasies het ook vir 'n tydperk van vyf weke 'n verbod geplaas op die uitvoer van wyn. Dít was 'n groot slag en frustrasie vir dié bedryf.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.