On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rampdroogtetoestande heers steeds in dele van NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:06 Thu, 20 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Rampdroogtetoestande heers steeds in dele van NK  | News Article

Die rampdroogtetoestande in sekere gebiede in die Noord-Kaap is steeds 'n werklikheid.


Nicol Jansen, president van Agri-Noord sê die grootste deel van dié provinsie gaan steeds onder erge droogte gebuk. Boere trek swaar in terme van die beskikbaarheid van weiding en veevoer vir hulle diere. Daarom het Agri Noord-Kaap by ander provinsies gaan aanklop vir droogtehulp. Hy sê van die buurprovinsies het reeds aangedui dat hulle alles in die stryd gaan werp om hulp in terme van veevoer aan dié boere in nood te verskaf.

Daarmee saam doen Vrystaat Landbou (VL) 'n beroep op produsente in dié provinsie om uit te reik na hul eweknieë in die droogtegeteisterde Noord-, Oos- en Wes-Kaap in terme van veevoerskenkings. Dr. Jack Armour, operasionele bestuurder by VL, sê betrokke landbouverenigings in dié provinsies vra nou ondersteuning van hul medeboere wat beter af is in terme van weidingstoestande en goeie graanoeste. Hy sê daar is boere in gebiede in die Noord-Kaap wat in die afgelope vier jaar nog geen reën gehad het nie. In gebiede waar dit wel gereën het, was dit geensins genoeg nie en veldtoestande het nie verbeter nie. Dit is 'n bleek prentjie en boere sukkel om hul kernkuddes te voer en aan die lewe te hou in afwagting op die eerste somerreën. Armour vra boere in die Vrystaat om 'n helpende hand te verleen. Armour sê enige voerskenkings word verwelkom, en weldoeners kan ook geld skenk. Vir meer inligting besoek Agri Noord-Kaap se webtuiste.

EN

Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe veral in die Noord-Kaap te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA en Agri Noord-Kaap is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.