On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Drie afsonderlike aanvalle in een aand

───   12:05 Wed, 16 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Drie afsonderlike aanvalle in een aand | News Article

Die Hartbeespoortdam-polisie in Noordwes ondersoek sake van poging tot moord, huisbraak en roof nadat verdagtes in drie afsonderlike voorvalle Maandagaand inwoners op ‘n kleinhoewe en plaas in die Skeurpoort-omgewing aangeval en beroof het.


Luidens polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, is ‘n 50-jarige man en sy 55-jarige vrou in die eerste voorval deur ‘n groep gewapende mans op 'n kleinhoewe aangeval. Myburgh sê die slapende egpaar het wakker geword van vensters wat breek. Die man is verskeie kere geskiet, waarna die vier verdagtes gevlug het toe die eienaar van die kleinhoewe gebel het om ondersoek in te stel. Twee ander slagoffers op ‘n plaas in die omgewing is daarna in twee afsonderlike voorvalle minute uit mekaar beroof. Myburgh sê in albei voorvalle is die slagoffers wakker gemaak deur ‘n klop aan die deur of iemand wat op die dak geloop het. Sy sê daar is ‘n moontlikheid dat dit dieselfde verdagtes is as in die eerste geval, maar kan dit egter nie bevestig nie aangesien ondersoeke steeds aan die gang is.

EN

OFM-nuus se Pieter Moller het die volgende verslag saamgestel oor volhoubare gesigmaskers wat uit wol vervaardig word. Hy berig Lincoln Agritech, ‘n navorsings- en ontwikkelingsonderneming wat deur die Universiteit van Lincoln in Nieu-Zeeland besit word, het nie minder as 290 000 NZD van die regering ontvang om bio-afbreekbare; wol-gebasseerde persoonlike berskermingstoerusting vir Covid-19 voorkoming te skep. Hierdie produkte sal afhanklikheid van oorsese produkte asook die omgewingsimpak van dié PBT produkte verminder.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.