On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sentrum sal terugvoer gee oor wegholbrande

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:06 Wed, 21 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Sentrum sal terugvoer gee oor wegholbrande | News Article

Verskeie betrokkenes vorm nou deel van 'n sogenaamde insidentbestuur-sentrum wat terugvoer gee aan die Lejweleputswa-distrik se rampbestuursentrum oor die situasie rakende die wegholveldbrande in die Hertzogville-brandkompleks.


Johan Breytenbach van die  Vrystaatse sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV), sê daar is verskeie regeringsdepartemente, en ander betrokkenes, wat nou saamwerk met plaaslike landbouverenigings, en meer spesifiek die betrokke brandverenigings. Hy sê Working-on-Fire speel ook 'n groot rol.

EN

Intussen is daar groot dankbaarheid onder boere oor die hulpverlening deur weldoeners en mede-boere in terme van veevoerskenkings. Johan du Plessis, 'n boer in die Hertzogville-distrik, sê skenkings stroom in selfs in terme van weiveld wat aangebied word. Hy sê dit hou 'n mens staande. Du Plessis sê ondanks sy verlies aan van sy stoetdiere wat doodgebrand het en meer as 1000 hektaar weiveld wat in die slag gebly het, is hy steeds dankbaar dat hy 'n klomp van sy stoetkudde betyds van 'n vlammedood kon red. Hy sê boere in dié distrik se hoop is nou op spoedige reën wat die herstelproses ná die verwoestende brande kan versnel. Daarmee saam se Henk Vorster wat met beeste en wild in die Boshof-distrik boer, hy is gelukkig dat hy nie veeverliese het nie. Vorster het egter sowat 7 000 hektaar weiveld in die wegholveldbrande verloor, maar hy is dankbaar dat hy nog weiveld oor het. Hy sê hy is gelukkig in dié verband, want van die ander boere in die distrik het groter verliese. Hy sê boere wat geraak is, gaan egter nie lê nie en bly positief.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.