On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Twee lewenslank tronk toe vir plaasmoord

───   ELSABÉ RICHARD 17:40 Thu, 19 Nov 2020

Landbounuus-podcast: Twee lewenslank tronk toe vir plaasmoord | News Article

Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het twee mans, wat tereg staan op aanklagte van roof en moord op 'n Frankfort-boer, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.


Dit kom nadat die 71-jarige Johannes Mazibuko verlede Julie op sy plaas in die Frankfort-distrik vermoor is. Sy dogter het op sy lewelose liggaam by die kraal op sy plaas afgekom. Volgens woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, Phaladi Shuping, is Themba Dakile en Sipho Nhlapo van die Phahameng-nedersetting naby Frankfort, elk Woensdag effektief tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Nhlapo staan ook tereg vir die moord van een van Mazibuko se veewagters. Luidens Maroela Media het Mazibuko se veewagters die twee beskuldigdes vermoedelik ná die voorval gewaar terwyl hulle 89 van sy Brahman-beeste probeer steel het.

Intussen het OFM-nuus vroeër berig dat twee verdagtes, wat tereg staan vir die moorde op die 56-jarige Hennenman-boer, Pieter Hills, en sy 26-jarige seun Eddie, op 9 Desember weer in die Hennenman-landdroshof verskyn. Dit volg nadat hulle Maandag hulle borgtogaansoeke laat vaar het. Sowat 400 lede van Vrystaat Landbou (VL) het die hofverrigtinge bygewoon ter ondersteuning van die Hills-gesin. Die president van VL, Francois Wilken, sê die organisasie se doel is om misdaad en veral plaasmoorde onder die publiek se aandag te bring.

EN

Droogte heers ook steeds in Sentraal Karoo in die Wes-Kaap. Dit is volgens ‘n plaaslike vroulike boer, Christa Mans. Mans sê van die boere in die streek moes hulle plaashekke sluit om iewers anders ‘n heenkome te soek. Sy het ‘n groep gestig, genaamd Boere met Hoop, wat uit meer as 200 boere bestaan waar voer bestel word en skenkings tussen dié boere uitgedeel word. Sentraal Karoo sluit in die Laingsburg-, Prins Albert-, Merweville-, Leeu Gamka-, en Beaufort-Wes-distrikte in die Wes-Kaap. In van hierdie distrikte het dit sewe jaar gelede laas gereën en die diere, sowel as die boere en hul werknemers, verkeer in ‘n voer- en voedselnood. Mans sê ten spyte van die uitdagings bly boere positief en voer hulle steeds hulle diere met die hoop dat hulle in die afsienbare toekoms weer ‘n bestaan sal kan maak uit hulle plase.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.