On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lone vir plaasarbeiders kan moontlik styg

───   ELSABÉ RICHARD 11:22 Fri, 15 Jan 2021

Landbounuus-podcast: Lone vir plaasarbeiders kan moontlik styg | News Article

Lone vir plaasarbeiders kan vanjaar met tot 16,1% styg.

Dit nadat die Nasionale Minimumloon-kommissie in November 2020 aanbeveel het dat die minimum loon vir plaaswerkers in lyn moet wees met die nasionale minimum loon in 2021. Dit is gegrond op die argument dat die landboubedryf nie so erg geraak word soos ander bedrywe deur die Covid-19-verwante inperkings nie. Die nasionale minimum loon per uur is voorgestel om 1,5% bo inflasie, tot ongeveer R21,69, te verhoog. Landbou-organisasies is egter teen die aanbeveling. The Citizen berig Henry Geldenhuys, president van TLU SA, het 'n beroep op die regering gedoen om die nasionale minimum loon opsy te skuif totdat die ekonomie versterk het. Die rede wat gegee word is dat die vermoë van werkgewers om salarisse te betaal reeds voor die inperking erg geraak is.


EN

Die trotse Suid-Afrikaanse produk – rooibos – word Saterdag gevier. Sanet Stander, koördineerder en organiseerder van Nasionale Rooibosdag, en eienaar van Rooibos Route in Clanwilliam in die Wes-Kaap deel dat die doel van die dag, wat vir die vyfde jaar op 16 Januarie plaasvind, is om rooibos te vier en om die wêreld te wys dat Suid-Afrikaners trots is op hierdie kafeiënvrye produk. Die grootste invoerders van rooibostee is Duitsland, Nederland, Japan en Amerika. Intussen skep die bedryf sowat 5 000 werksgeleenthede. Stander moedig almal aan om op Nasionale Rooibosdag hulle foto’s op sosiale media te deel deur die hutsmerke #myrooibosoomblik, #rooibosdag  en #trotssuidafrikaans te gebruik.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.