On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: '#Budget2021 kom op 'n moeilike tyd'

───   10:05 Wed, 24 Feb 2021

Landbounuus-podcast: '#Budget2021 kom op 'n moeilike tyd'  | News Article
Foto: AFP

Hoofekonoom van Agri SA, Kulani Siweya, sê met die huidige coronavirus pandemie kom die begrotingsrede op 'n moeilike tyd.

Hy het hierdie opmerkings gemaak voor die 2021 begrotingsrede, wat na verwagting Woensdagmiddag deur die minister van finansies, Tito Mboweni, gelewer sal word. Hy voeg by dat die organisasie ook uitsien na wat Mboweni gaan sê oor die hervorming van die elektrisiteitsektor.

EN

‘n Opkomende boer in die Dewetsdorp-distrik in die Vrystaat sê met die begroting van miljoene rande wat in die Vrede-suiwelprojek ingepomp is, sou melkboere in die provinsie reeds ‘n suksesvolle selfonderhoudende projek op die been gebring het.  Die Gupta-gekoppelde Vrede-suiwelprojek het hoofopskrifte gehaal toe dit aan die lig gekom het dat ondanks die feit dat Estina nooit hul kontraktuele verantwoordelikhede nagekom het in terme van 'n belegging van R228 miljoen in die R570 miljoen-projek nie, het politici 'n bykomende R106,2 miljoen vir die betaling aan Estina goedgekeur nadat die kontrak met Estina en die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling gekanselleer is. Graham Jacobs, sê melkboere wou graag deel wees van hierdie projek.



OFM-nuus/Blaine Jones en Cathy Dlodlo


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.