On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Saai stel wapenveldtog bekend

───   ELSABÉ RICHARD 13:47 Thu, 03 Jun 2021

Landbounuus-podcast: Saai stel wapenveldtog bekend | News Article

Die landboubelangenetwerk Saai stel vandeesweek 'n openbare veldtog, genaamd #StillNoGun, bekend.

Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, sê dat die veldtog se doel is om druk op die polisie te plaas om, onder meer, die langdurige agterstande in die aansoeke vir nuwe vuurwapens aan te spreek. De Jager sê die ANC se inisiatief om die besit van 'n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes onwettig te verklaar, het 'n oproer in die landbougemeenskap veroorsaak.

Die 2021 NAMPO Oesdag, wat vir 17 tot 20 Augustus geherskeduleer was, is gekanselleer. Graan SA het dit Woensdag 2 Junie in 'n verklaring bekend gemaak. Die organisasie sê ná die aanvanklike uitstel vroeër vanjaar, met die voorbehoud dat die regeringsbeleid en -riglyne dit sou toelaat, het die koms van die 3de Covid-19-golf en die wysigings aan die inperkingsvlakke onder die nasionale ramptoestand, die organisasie met geen alternatief gelos nie. Graan SA sê met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem, is die visier nou op 2022 gestel. Die NAMPO Kaap-skou, geskeduleer vir 8 tot 10 September in Bredasdorp, Wes-Kaap, en die NAMPO Alfa-skou, beplan vir 30 September tot 2 Oktober vanjaar op NAMPO Park, Bothaville, in die Vrystaat, is ook gekanselleer. Die besluit om hierdie twee gewilde streekskoue aan te bied, sal heroorweeg word indien regeringsregulasies gewysig word.

EN

Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel RPO, in die Noord-Kaap het Woensdag sy jaarkongres gehou. Dirk Krapohl, bedryfsbestuurder van die organisasie, sê die kongres het hoofsaaklik gefokus op die belangrikheid van naspeurbaarheid in die rooivleisbedryf. Hy voeg by dat die RPO hande met die Departement van Landbou sal vat om te verseker dat daar 'n naspeurbaarheidstelsel in die land gevestig word. Hy meen dat siektes soos bek-en-klouseer, wat onlangs in KwaZulu-Natal bevestig is, deur middel van naspeurbaarheid hok geslaan kan word.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.