On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Misdaad steeds groot uitdaging in NW

───   ELSABÉ RICHARD 14:13 Wed, 03 Nov 2021

Landbounuus-podcast: Misdaad steeds groot uitdaging in NW | News Article

Misdaad bly 'n groot uitdaging vir landbougemeenskappe in die Noordwes.

Dit is volgens Willem de Chavonnes Vrugt, president van Agri Noordwes. Hy sê landbougemeenskappe werk nou saam met die polisie sowel as die Nasionale Vervolgingsgesag in die provinsie om misdaad hok te slaan.

Die hoenderprodusent Country Bird Holdings sê hy het tans geen planne om sy Supreme-slagplaas in Mahikeng, Noordwes, te sluit nie. Luidens landbou.com se Brendon de Boer, het uitvoerende hoof van Country Bird Holdings gesê eNCA het hom nié om kommentaar genader voordat hulle op 1 November ’n berig met dié bewering gepubliseer het nie. Dit volg nadat eNCA in ’n twiet gesê het Country Bird Holdings het besluit om die aanleg uit Noordwes te skuif weens swak dienslewering en dat sowat 2 000 poste in gedrang kan wees. OFM-nuus het vroeër berig dat Clover sy kaasfabriek in Lichtenburg na Durban skuif, nadat die maatskappy swak munisipale dienslewering as rede genoem het. eNCA het sy eerste berig later dieselfde dag opgevolg en berig dat Country Bird Holdings ontken het dat hy planne het om die slagplaas te verskuif, maar dat Obed Bapela, adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake, aan eNCA gesê het die maatskappy dreig om die slagplaas weens swak dienslewering te verskuif.

EN

Artikel 6 van die Wet op Veediefstal, Wet Nr 57 van 1959, het te doen met die oordrag van eienaarskap van vee en artikel 8, ook ingevolge die Wet op Veediefstal, is die vee-verwyderingsertifikaat. Volgens Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal Voorkomingsforum in die Vrystaat, is hierdie twee dokumente baie belangrik en lewendehawe produsente benodig dit as hulle vee vervoer en vee aankoop. Indien die dokumente nie korrek ingevul word nie, is dit ongeldig.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.