On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 15 moorde op plase en kleinhoewes tussen Julie en September

───   ELSABÉ RICHARD 14:13 Mon, 22 Nov 2021

Landbounuus-podcast: 15 moorde op plase en kleinhoewes tussen Julie en September | News Article

Die nuutste misdaadstatistieke wat deur die Minister van Polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is, toon dat 15 moorde tussen Julie en September vanjaar op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika plaasgevind het.

Hierdie statistieke volg nadat OFM-nuus in Augustus vanjaar berig het dat altesaam 181 aanvalle op plase en kleinhoewes vir die tydperk van April tot einde Junie 2021 aangekondig is. Cele het bygevoeg dat 119 van die voorvalle wat tussen April tot einde Junie aangeteken is, verband hou met roof, wat ook tot 15 moorde gelei het. Verder is daar tussen Julie en September vanjaar 6 163 mense in Suid-Afrika vermoor.

Sekere dele van die Vrystaat-provinsie het Sondag tussen 30mm en 40mm reën gehad. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die Oos-Vrystaat, wat dorpe soos Bethlehem en Reitz insluit, het egter nie reën gekry nie en dat van die boere in hierdie stadium nie kan aanplant nie omdat die grond droog begin word het. Van den Berg sê voorspellings toon dat 'n redelike goeie kans vir reën weer Maandag en Dinsdag in dele van die provinsie bestaan, terwyl reën weer Woensdag en Donderdag sal opklaar. Weervoorspellings toon verder dat dit moontlik weer dié komende naweek sal reën.

EN

Die Vrystaatse damvlakke lyk oor die algemeen beter as wat die geval ‘n jaar gelede was. Dit, soos sekere dele van sentraal Suid-Afrika die afgelope tyd lekker reënval ervaar het. Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor Watersake, sê slegs twee van die 17 damme wat hy in die provinsie monitor, het ‘n afname getoon. Veral besproeiingsboere sal uit hierdie algemene hoër damvlakke voordeel trek. Die statistieke wat Botes verskaf, is vanaf 19 November 2020 tot 19 November 2021. Hy deel dat die Allemanskraaldam, wat tussen Theunissen, Ventersburg, Senekal en Winburg lê, 73,07% vol is  teenoor 37% hierdie tyd verlede jaar. Boere wat naby hierdie damme woonagtig is, moet in ag neem dat een van die groot risiko's is dat meeste van die damme meer as 80% vol is, en sou daar nog swaar reën voorkom, is die waarskynlikheid vir vloede langs die Vaal- en Oranjerivier, onder meer, redelik hoog.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.