On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sprinkaanuitbraak dalk selfs groter as verlede jaar

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Fri, 03 Dec 2021

Landbounuus-podcast: Sprinkaanuitbraak dalk selfs groter as verlede jaar | News Article

Die moontlikheid bestaan dat vanjaar se sprinkaanuitbraak heelwat groter as verlede jaar s'n kan wees.

Volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, word daar tot 400 sprinkaanswerms per dag in dié provinsie bespuit. Swerms het vanjaar weens wydverspryde somerreën en hoë temperature, wat gunstige omstandighede geskep het vir die uitbroei van die eiers, reeds wyd uitgebroei in die Oos-, Noord- en Wes-Kaap. Jansen sê sprinkaanspuitspanne is hard aan die werk en die provinsiale Departement van Landbou werk daaraan om die uitbraak onder beheer te kry. Die publiek word weer eens daaraan herinner om hulle provinsiale landboudepartement en landbou-organisasies in kennis te stel indien hulle enige swerms gewaar.

Geskoolde landbou-indiensneming het van 45 000 tot 63 000 toegeneem met algehele indiensneming wat in die derde kwartaal van 2021 met 21 000 jaar-tot-jaar toegeneem het. Hierdie syfers is onlangs deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak. Agri SA sê in 'n verklaring die landbousektor het in vergelyking met kwartaal twee van dié jaar 'n afname van 32 000 werksgeleenthede aangeteken. Volgens Christo van der Rheede, Uitvoerende Direkteur van Agri SA, is stygende werkloosheid die grootste drywer van armoede in Suid-Afrika. Hy sê dit hou nie net ’n bedreiging vir maatskaplike stabiliteit in die land in nie, maar raak ook die waardigheid van diegene wat sukkel om werk te kry en wat nie in staat is om hulself en hul gesinne te voed nie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R43,55 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R40,49, en speenkalwers oor 250kg, teen R38,51 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.