On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Sprinkaanbestryding nog volstoom in NK aan die gang

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 22 Feb 2022

Sprinkaanbestryding nog volstoom in NK aan die gang | News Article
Foto: senwes.co.za

Sprinkaanbestryding is nog volstoom aan die gang in die Noord-Kaap met die derde vlaag swerms wat in sommige dorpe in die provinsie opgemerk kan word.

Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die situasie in dele van die provinsie word erger. 

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê die eerste twee bevolkings, soos wat hulle deur hulle lewenssiklus beweeg, is redelik goed onder beheer gebring en uitgedun deur goeie bespuitingsprogramme. Die derde vlaag is egter baie kommerwekkend met swerms voetgangers wat tot 3km lank is, verduidelik Jansen.

Tot 50 swerms word per dag in die provinsie bespuit, met sprinkane wat in onder meer Upington, Kakamas, Keimoes, Pofadder, Askham, Victoria-Wes, Britstown en De Aar voorkom.

Hy sê hulle is veral bekommerd oor dele soos Vosburg, Brandvlei en Poffadder, waar die veld nog herstel en daar nie goeie, digte plantegroei is wat goeie herstel kan gee nadat die swerms sprinkane daardeur is nie. Dit skep ‘n kunsmatige droogte.

Jansen versoek intussen motoriste om versigtig te bestuur wanneer hulle hierdie swerms sprinkane op die teerpad sien. Voertuie se padhouvermoë word benadeel, dus moet motoriste stadiger ry.

Hy vra dat sprinkaanswerms by die Departement van Landbou of betrokke landbou-organisasie aangemeld moet word.

Sprinkaanswerms kan ook by die volgende nommers aangemeld word: De Aar-depot - 053 631 3621 of Upington-depot - 082 457 2906.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.