On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 22 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: scenario.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het marginale winste gesien in die vorige verhandelingsessie met handelaars wat aan ‘n rondte tegniese aankope deelgeneem het voor ‘n langnaweek in Amerika. Amerika sit tans met lae voorraad.

Die onsekerheid van die Suid-Amerikaanse oes hou aan om die mark te ondersteun.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het meestal in die groen gesluit, maar winste was maar marginaal. Die toename in prys stem relatief ooreen met die 0,6% wat die Amerikaanse mark versterk het in die vorige verhandelingsessie.

Die geelmieliekontrak het vir Februarie R9/ton swakker verhandel vir die dag om teen R3 731/ton te sluit. Geelmielies vir lewering in Julie het R12/ton sterker verhandel teen R3 778/ton. Die witmieliekontrak vir Februarie 2022 het R20/ton sterker verhandel teen R3 654/ton. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R17/ton sterker verhandel om teen R3 656/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonpryse het Vrydag sy hoogste vlakke vanaf Mei 2021 bereik. 

Hierdie ondersteuning kom in ‘n kleiner mate vanaf die oorspoel-sterkte van mielies, maar die grootste faktor is maar steeds die onsekerheid van die Suid-Amerikaanse oes.

Soja-olie het met 1% versterk en soja-meel het met 0,5% laer gesluit.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het relatief goed presteer in Maandag se verhandelingsessie met van die gelyste kontrakte wat redelike vatbare winste getoon het. Hierdie prestasie volg op die hakke van ‘n positiewe Amerikaanse mark en ‘n effense swakker Rand.  

Die sojaboon Februarie ’22-kontrak het R112/ton hoër verhandel teen R9 016/ton. Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R69/ton hoër verhandel teen R8 872/ton. Die soja Mei ’22-kontrak het teen R8 843/ton, R74 hoër, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gemeng maar meestal hoër verhandel weens tegniese beweging in die mark Vrydag.

Amerikaanse koringpryse word ondersteun deur moontlike produksie-ontwrigtings in die Swart See-area weens politieke onrus.

Die maatskappy, FranceAgriMer, het gerapporteer dat die toestand van sy koringoes tans 94% goed-tot-uitstekend is, wat moontlik pryse later kan afdruk.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ‘n goeie verhandelingsessie ervaar, met pryse wat dieselfde tendense volg as die Amerikaanse mark en deur die effens swakker Rand ondersteun word.

Die koring Februarie '22-kontrak het teen R5 913/ton verhandel, R53/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R5 997/ton verhandel, R42/ton hoër.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.