On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Meer as R80 miljoen aan sprinkaanbeheerprogram bestee

───   ELSABÉ RICHARD 14:01 Fri, 08 Apr 2022

Landbounuus-podcast: Meer as R80 miljoen aan sprinkaanbeheerprogram bestee | News Article
FOTO: BBC

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het tot dusver meer as R80 miljoen aan sy sprinkaanbeheerprogram bestee.

Die meeste van hierdie fondse is bestee aan die verkryging van insekdoders, insluitend spuitpompe, beskermende klere, betalings aan sprinkaanbeheerbeamptes en lugbespuiting in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap. Die departement sê in 'n verklaring die sprinkaan-uitbraak is in gemengde stadiums met meer vlieërs wat weens wind tot die oostelike distrikte beperk is, veral rondom die grense van die drie provinsies. Eenduisend-tweehonderd sprinkaanbeheerbeamptes is aangestel, en twee helikopters doen tans lugbespuiting, meestal in ontoeganklike gebiede en waar daar groot sprinkaan-uitbrake is.

Verdere maatreëls sal deur die Nasionale Departement van Landbou aangekondig word om die verspreiding van bek-en-klouseer in Suid-Afrika te help bekamp. Dit is volgens minister Thoko Didiza, wat Kommunale Eiendomsverenigings onlangs by Ilanga Estate in Bloemfontein toegespreek het. Sy voeg by dat daar reeds verskeie voorkomende maatreëls in die geaffekteerde provinsies in plek gestel is. Sy sê ook dat die departement met sy handelsvennote, soos China, in gesprek tree om hulle te oortuig dat die land hard aan die werk is om te verseker dat die produkte wat hulle ontvang, veilig is.

EN

Jaco Burger is as Vrystaat Landbou se 26ste Jongboer van die Jaar aangewys. Burger boer reeds die afgelope 13 jaar in die Wepener-omgewing, waarvan vier jaar op sy plaas langs die Lesotho-grens. Hy is veral trots op sy Dohne-Merino-stoet, J.L Trinity, wat in 2017 geregistreer is. Gedurende verwoestende veldbrande in September 2021, was die stoet byna in gedrang aangesien hy ongeveer 90% van sy weiding verloor het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.