On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou weeg in op onveilige paaie in die Vrystaat

───   19:22 Thu, 12 May 2022

Vrystaat Landbou weeg in op onveilige paaie in die Vrystaat | News Article

Die onlangse blokkade van die S86-pad deur gefrustreerde boere het die aandag van Vrystaat Landbou getrek. OFM-nuus se Lee Simmons gesels met dr. Jack Armour, Kommersiële Bestuurder by Vrystaat Landbou, hieroor.

"Moeg vir swak diens en vervalle paaie!" sê dr. Jack Armour kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL). 

Dit is waarom boere in die Allanridge-omgewing die S-86 met bakkies en sleepwaens blokkeer het om hul misnoeë met die Departement van Paaie te demonstreer weens die departement se onvermoë om die R30-pad te herstel, verduidelik hy.

Hy sê die R30-pad naby Allanridge, wat al as die ‘doodspad’ bekend staan, is al geruime tyd uiters gevaarlik nadat bogemiddelde reënval in Januarie en Februarie voorgekom het en die pad onbegaanbaar maak.

"Die verkeer van die R30 word nou na die S86 geforseer en dit hou 'n gevaar in vir nie net die publiek nie, maar ook die boere en hul werkers,” sê Rudi Jansen van Vuuren, ’n boer van die omgewing.

Intussen sê Armour dat VL al geruime tyd poog om met die Vrystaatse Premier oor die paaiekwessie in die provinsie te vergader, maar dat daar net geen reaksie of terugvoer ontvang word nie.


 

OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.