On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 20 Jun 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 2,60% gestyg.

Die jongste data wat deur die Amerikaanse Energie-inligtingsadministrasie (EIA) vrygestel is, het gemeld dat die etanolproduksie teen 'n daaglikse gemiddelde van 1,060 miljoen vate per dag gekom het. Dit is bo die 1 miljoen vate per dag mikpunt. 

Landboubesighede in die VSA het die geskatte aangeplante mielies vir die huidige seisoen tot 36 812 229 hektaar verhoog. Dit is ver bo die USDA Maart-voorspelling van 36 397 427 hektaar. Indien 'n opbrengs van 12,07 ton/ha behaal word, sal die totale voorspelde produksie vir die 2022-seisoen 379 222 758 ton wees. Dit is ver agter die produksie van die 2021/22-seisoen.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag effens opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R51/ton (+ 1,12%) geklim om teen R4 569/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R57/ton (+ 1,24%) hoër verhandel om teen R4 660/ton te sluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 0,6% gestyg.

Pryse word tans opgehou deur rekordtemperature in dele van die VSA verlede week, met warmer temperature waarskynlik vir die volgende week. Die Nasionale Oliesade-prosesseringsorganisasie (NOPA) het rekordhoë sojaboonpersgetalle vir Mei aangemeld.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2022 met R82/ton (- 0,91%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R8 978/ton. Die naby-maand Junie-kontrak het verhandel teen 'n laagtepunt van R8 930/ton en 'n hoogtepunt van R9 011/ton, net om uiteindelik op R8 990/ton te sluit.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 2,67% gestyg.

Die meeste dele van die Noordelike Halfrond is tans besig met die oesproses vir lente-aangeplante koring. Dit kan afwaartse druk op huidige pryse bring. 

Refinitiv Commodities Research het berig dat die 2022/23 Kanadese koringproduksie 31 001 633 ton sal bereik te midde van algemeen gunstige toestande. Dit is heelwat hoër as die vorige seisoen se produksie van 21 650 000 ton. Die toename in Kanadese produksie kan grootliks deur verhoogde opbrengste verklaar word.

Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag marginaal sterker verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2022 met R45/ton (+ 0,56%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 150/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R70/ton (+ 0,94%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 530/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.