On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Damme in Sentraal SA nog vol

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 12 Aug 2022

Damme in Sentraal SA nog vol  | News Article
FOTO: Vanderkloofdam/OFM-nuus.

Sentraal Suid-Afrikaners betree vanjaar die lenteseisoen met vol damme, te danke aan goeie reënval die afgelope jaar.

Sien onderstaande PODCAST

Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor Watersake, deel graag dat inwoners vanjaar in ‘n bevoorregte posisie is omdat damvlakke ‘n bietjie beter as ander jare s’n is.

Hy sê die dam wat die laagste van al die ander damme in die Vrystaat is, en wat daagliks gemonitor word, is die Groothoekdam naby Thaba Nchu. Dit staan op 95%.

“Wat vir ons ook baie help hier in die sentrale Vrystaat, en selfs verder af, is die Katsedam in Lesotho, wat van almal eintlik persentasie-gewys die laagste op 89,44% is. Maar ons moet onthou dit is nog steeds ‘n masiewe klomp water as hy 89% wys.”

Ander damvlakke is as volg:

  • Rustfonteindam: 95,75%
  • Welbedachtdam: 100%
  • Gariepdam: 97,78%
  • Vanderkloofdam: 99,35%
  • Bloemhofdam: 106,59%
  • Knelpoortdam: 103,1%

Botes het verder bygevoeg dat die Allemanskraal- en Erfenisdamme persentasie-gewys in die hoë 90s is.

“Ek dink ons kan met ‘n geruste hart die lenteseisoen ingaan, net met die hoop ons kry weer ‘n goeie reënseisoen soos wat ons gehad het voordat die winter aangebreek het vanjaar. 

"As dit die geval is, dink ek kan ons sê ons het genoeg water vir ons dorpenaars en ons stedelinge. En ek dink daar is ook genoeg water vir ons boeregemeenskap wat dalk afhanklik is van besproeingsdoeleindes.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.