Agriculture
Landbounuus-podcast: Konstante kwaliteit belangrik vir die toekoms van die rooivleisbedryf─── ELSABÉ RICHARD 16:08 Tue, 24 Jan 2023

Konstante vleiskwaliteit is belangrik vir die toekoms van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika, sê senior landbou-ekonoom, Frikkie Maré.
'n Herrie het onlangs losgebars in die bedryf na 'n mediaberig oor Suid-Afrika se beweerde taai rooivleis. Maré sê die berig is geskryf na aanleiding van navorsing. Maré sê navorsers moet eers bevind dat vleisprodukte nie aan standaarde voldoen nie, dan moet daar gekyk word waar die probleem lê in die waardeketting.
Die DA in die Vrystaat het sy stem by talle ander gevoeg oor hoe beurtkrag die landbousektor lamlê. Dié party vra dat Eskom landbou in die provinsie verklaar as 'n noodsaaklike diens vir kragverspreiding. Vrystaat DA landbouwoordvoerder, Roy Jankielsohn, sê landbou in die provinsie is deurslaggewend vir die land se voedselsekerheid, daarom moet Eskom dit benader as 'n strategiese en noodsaaklike ekonomiese sektor. Volgens Jankielsohn verskaf die Vrystaat 'n tiende van al Suid-Afrika se landboukommoditeite, soos sorghum, sonneblom en mielies.
EN
Abattoirs is afhanklik van krag, en bykomende uitgawes moet nou aangegaan word om kragopwekkers en diesel te bekom. Die SA Pluimveevereniging se Izaak Breitenbach sê solank fase 2 beurtkrag konstant toegepas kan word, sal produsente weet waarmee hulle mee te doen het.