On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Wolmark onder druk tydens 31ste veiling

───   ELSABÉ RICHARD 14:51 Thu, 11 May 2023

Wolmark onder druk tydens 31ste veiling | News Article
FOTO: Dan Hamill/Pexels.

Die mark het onder druk gekom op hierdie week se wolveiling, ondanks die swakker Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar.

Ten spyte van die uitdagende markomgewing, is 'n goeie algehele verkoopsklaring behaal.

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino aanwyser het met 1,7% vir nie-RWS en met 1,9% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R171,55/kg en R187,51/kg onderskeidelik gesluit. 

Op die OVK-veiling is 2 430 bale aangebied, waarvan 93,7% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R189/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AM van 16.8 mikron, uit die skeersel van SG Lombaard, vanuit die Rouxville-distrik. 

Die koper was Segard Masurel SA.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.