On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   06:01 Fri, 26 May 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Michael Fischer/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliemark het 'n mate van ondersteuning gevind vir 'n derde agtereenvolgende sessie na 'n rondte tegniese aankope met die Julie-kontrak wat aansienlike winste behaal het en September matige wins. Etanolproduksie was onder die 1 miljoen vat per dag merker.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het ondersteuning gevind vir die tweede opeenvolgende sessie.
  • Die witmieliekontrak het vir Junie ’23 R29/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 642/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R35/ton sterker verhandel teen R3 666/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Junie ’23 het verhandel teen R3 750/ton, R35/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het teen R3 782/ton verhandel, R21/ton sterker.

 Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark was nou gemeng ná ongelyke tegniese verhandeling Woensdag, handelaars wag waarskynlik vir vars uitvoerdata wat Donderdag vrygestel is voordat hulle posisies inneem. Die res van die sojaboonkompleks is ook gemeng met meeltermynkontrakte wat 1% verloor het en olietermynkontrakte wat 0,5% hoër verhandel het.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het gemeng maar meestal postief berhandel. Bewegings was marginaal.
  • Die sojaboon Junie ’23-kontrak het R8/ton sterker verhandel teen R7 800/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R3/ton sterker verhandel teen R7 895/ton. Die sojaboon September ’23-kontrak het teen R8 070/ton, R18/ton sterker, verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse het ondersteuning verloor met pryse wat aansienlik gedaal het. Handelaars het deelgeneem aan 'n rondte tegniese verkope met sommige handelaars wat van Dinsdag af winste geneem het.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het meestal negatief verhandel.
  • Die koring Junie ’23-kontrak het teen R6 690/ton verhandel. Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 425/ton verhandel, R85/ton swakker.

OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.