On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agriculture

Karoo Winter Wolfees is oor saamwees en sukses

───   ELSABÉ DE JAGER 10:57 Tue, 04 Jul 2023

Karoo Winter Wolfees is oor saamwees en sukses | News Article
Die tweede Karoo Winter Wolfees op Middelburg/OVK (Facebook).

Die tweede Karoo Winter Wolfees was ’n suksesvolle geleentheid vol warmte.

Van 22 tot 25 Junie het boere en belangstellendes op Middelburg in die Oos-Kaap saamgetrek en deelgeneem aan ’n wolbaalkompetisie, kunsveilings asook verskeie wolkursusse.

Die tweede Karoo Winter Wolfees op Middelburg/OVK (Facebook).

OVK Bemarkings- en kommunikasiebestuurder Christelle Basson sê dit gebeur selde dat ’n fees op ’n spesifieke industrie fokus. Die gemeenskap van hierdie Karoostreek het besluit om wol, wat die spil is waarom hul boerderye draai, te vier.

Die fees het alle verwagtinge oortref en was selfs groter as dié van verlede jaar.

Die tweede Karoo Winter Wolfees op Middelburg/OVK (Facebook).

Dit was vir die OVK belangrik om nie slegs geldelik nie, maar ook op sosiale gebied by te dra tot die aard en sukses van die fees.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.