On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: AfriForum maak plaasaanval- en moordsyfers bekend

───   ELSABÉ RICHARD 15:11 Tue, 12 Sep 2023

Landbounuus: AfriForum maak plaasaanval- en moordsyfers bekend | News Article
Jacques Broodryk, Monique Taute en Johan Nortjé. Foto verskaf.

'n Skamele 66 misdadigers is skuldig bevind in die meer as 1 400 plaasaanvalle en -moorde wat aangemeld is tussen 2019 en verlede jaar.

Luidens 'n verslag oor dié misdade wat AfriForum vanoggend bekendgestel het, beteken dit 95% van geweldsmisdade op plase bly onopgelos. Navorser en samesteller, Johan Nortjé, sê in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap is nie 'n enkele misdadiger in vier jaar aan die kaak gestel nie. AfriForum-gemeenskapsveiligheid-woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die swak vervolgingsyfer is 'n vrypas na misdadigheid. 

Die oorsaak van die naweek se veldbrand by Perdeberg buite Kimberley is steeds onbekend. Die skade is so groot dat sommige boere geen weiding oorhet vir hul  vee nie. 

Die Vrystaatse regering vorder met die oordrag van sommige provinsiale paaie na SANRAL. Vrystaat Landbou het onlangs beraadslaag met plaaslike regeringsverteenwoordigers oor die pad-situasie, asook landelike veiligheid. Die organisasie sê hulle het benadruk dat korrupsie die skuld moet kry vir baie van die probleme met padinfrastruktuur. Onbevoegde kontrakteurs herstel paaie halfpad, en maak hulle dan uit die voete, of lewer substandaard werk.

Dieselpryse kan weer in Oktober styg as onder meer brent-ruoliepryse hoog bly.  Dit sal boere weereens swaar tref, aangesien hulle grootliks afhanklik is van diesel om goedere te vervoer.

EN

Die kweekseisoen vir volgende jaar se Goliat-van-Gat-pampoenkompetisie is in volle gang. Alle hoop word gevestig op ’n wenner wat die skaal oor ’n ton sal laat trek in die kompetisie, aangebied deur TLU SA se Cullinan Boere-unie. Vanjaar se wenpampoen het op 'n 110 kg ná ’n ton geweeg. Die 20ste jaarlikse geleentheid vind op 9 Maart in Pretoria plaas. Dié kompetisie is ook geregistreer by Great Pumpkin Commonwealth as ’n amptelike inweegpunt waar deelnemers uit alle wêrelddele hulle uitslae deel en so internasionaal meeding.

OFM Nuus










@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.