On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Produksie-ondersteuningseenheid op Zastron geopen

───   ELZETTE BOUCHER 07:02 Wed, 06 Dec 2023

Produksie-ondersteuningseenheid op Zastron geopen | News Article
Die sentrum op Zastron. Foto: verskaf

Die hoop is dat die fasiliteit nuwelingboere sal bemagtig om meer mededingend te wees.

‘n Boereproduksie-ondersteuningseenheid is op Zastron in die Vrystaat geopen om nuwelingboere in die gebied te ondersteun.

Dié fasiliteit is deur Rosemary Capa, adjunkminister van landbou, gister bekend gestel as deel van die presidensiële Imbizo wat vanaf 7 Desember in die Lejweleputswa-distrik plaasvind.

Van die afgevaardigdes op die bekendstelling van die fasiliteit. Foto verskaf

Capa sê die doel van die ondersteuningseenheid sluit in primêre versameling en berging, verwerking vir die plaaslike mark en uitbreidingsdienste insluitend meganisasie. 

Dis aan die begin van die landbouwaardeketting geleë en fasiliteer toegang tot insette, dienste en fasiliteite tot voordeel van kleinskaalse opkomende boere.

Afgevaardigdes van die landbouminsterie beoog ook om vandag met georganiseerde landbou in die provinsie te ontmoet.

Vandeesweek se besoek onder die tema “Leave No One Behind” het ten doel om die president en ander leiers in die regering in staat te stel om vordering te evalueer of om ingelig te word oor uitdagings wat verband hou met die verbetering van dienslewering sedert die president se vorige ontmoeting met gemeenskappe.

Die Matjhabeng-ekonomie is hoofsaaklik geskoei op die ontginning van goud en uraan en dit is die middelpunt van die Vrystaatse Goudveld.

Die presidensiële imbizo sal by die Kopano- binnenshuise sportsentrum in Thabong, Welkom, plaasvind.

Die Lejweleputsawa-distriksmunisipaliteit bestaan uit vyf plaaslike munisipaliteite: Matjhabeng, Masilonyane, Nala, Tswelopele en Tokologo.

Voor die imbizo het nasionale, provinsiale en plaaslike regering sowel as staatsentiteite voor-imbizo-opbouprogramme oor die provinsie heen begin. Tydens die 2022-aangeleentheid het 42 gemeenskapslede wat die sewe streke van die Mangaung Metro verteenwoordig het, met die president vergader.

Die dorpe wat tydens hierdie bespreking verteenwoordig is, sluit in: Van Stadensrus, Soutpan, Dewetsdorp, Wepener, Thaba Nchu, Botshabelo en Bloemfontein.

OFM Agri/Elzette Boucher-Kruger   dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.