Agriculture
Wolpryse effens laer─── 11:34 Thu, 01 Feb 2024
Wolpryse is effens laer hierdie week.
Op die 19de veiling van die 2023/24-verkoopseisoen het die Cape Wools Merino aanwyser met 2% gedaal vir nie-RWS wol en met 2.2% vir RWS wol, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van onderskeidelik R151,07/kg en R172,67/kg.
Op die OVK-veiling is 4 080 bale aangebied, waarvan 98,58% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R200/kg (skoon prys: R269,72/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot CH van 15,5 mikron uit die skeersel van PWB Uys Boerdery, vanuit die Volksrust-distrik. Die koper was Standard Wools SA.
Op die BKB-veiling was die gemiddelde skoonwol-markaanwyser vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5), met ‘n treksterkte van 35 NKT, -2,2% minder op R172,67/kg.
Die grootste kopers op die veiling was: Modiano SA, Standard Wools SA, en Tiany SA. Van die 7 749 bale wat aangebied is, is 7 341 bale verkoop (95%). Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB-veiling was van Lindesfarne boerdery op Barkly-Oos, wat R200/kg vir 15,8 mikron behaal het.
Die volgende veiling is op 7 Februarie 2024.
OFM Agri cg