On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Goeie someroeste verwag

───   14:20 Thu, 01 Feb 2024

Goeie someroeste verwag | News Article
Foto: Getty Images

Goeie somergraan- en oliesaadoeste word vanjaar verwag.

Agbiz-hoofekonoom Wandile Sihlobo sê dit is bemoedigend om te sien hoe die kollegas by die Pretoria-kantoor van die Departement van Landbou van die Verenigde State van Amerika (USDA) Suid-Afrika se 2023/24 kommersiële mielieproduksievooruitsigte op 15,2 miljoen ton plaas, ver bo die langtermyngemiddeld van 13,6 miljoen ton (hoewel 7% laer op ’n jaargrondslag).

“Die USDA-kollegas is bekommerd oor die opbrengspotensiaal van die mielie-oes in Noordwes en relatief optimisties oor die oes in ander provinsies. Noordwes het nie soveel reën as ander provinsies ontvang nie, maar toestande is nie so sleg daar nie.”

Suid-Afrika se Oesskattingskomitee het die skatting vir oppervlakte-aanplantings op Dinsdag, 30 Januarie vrygestel. Hierdie data sal ons help om ’n beter oorsig van die oesgrootte te kry. Desnieteenstaande, met die uitstekende reënval tot dusver, kan almal optimisties wees oor Suid-Afrika se mielieproduksievooruitsigte vir die 2023/24-seisoen.

“As ons ’n ordentlike oes van meer as 15 miljoen ton behaal, sal Suid-Afrika sy jaarlikse mielieverbruik van sowat 12 miljoen ton dek en ’n netto uitvoerder van mielies bly in die 2024/25-bemarkingsjaar, wat in Mei 2024 begin,” sê Sihlobo.

Hierdie artikel het oorspronklik op Agricultural Economics Today verskyn.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.