On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Heuningkrans Merino’s se veiling weer spesiale geleentheid

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 27 Feb 2024

Heuningkrans Merino’s se veiling weer spesiale geleentheid | News Article
Vanjaar is die 47ste veiling van die Heuningkrans Merino’s op Smithfield in die Vrystaat. Foto verskaf

“Die voorafgaande besigtiging Woensdag is ’n kans vir klante om elke ram te bespreek.”

Een van die Vrystaat se grootste merinoveilings word die week gehou. Heuningkrans Merino’s op Smithfield in die Vrystaat se 47ste produksieveiling vind Donderdag (29/2) plaas.

Hierdie veiling verteenwoordig ’n merkwaardige mylpaal vir die plaas en die Merinobedryf met onder meer 120 dragtige en oop verse, sowat 100 merinoramme en tien Dormer-ramme.

Die voorafgaande besigtiging Woensdag is ’n kans vir klante om elke ram te bespreek, terwyl studente hul vaardighede op die gebied van skaapbeoordeling opskerp.

Heuningkrans Merino’s hou vanjaar sy 47ste veiling. Foto: Facebook

’n Hoogtepunt is die teenwoordigheid van ‘n koninklike klant van Lesotho. Die koning, ’n vriend van Eddie Prinsloo, ondersteun die plaas deur die aankoop van Merino-ramme vir sy eie skaapboerdery. Hierdie besondere vriendskap bring ’n unieke dinamika na die veiling.

Prinsloo sê hy en die span by Heuningkrans Merino’s sien uit om kopers en besoekers op hierdie spesiale dag te verwelkom, en hulle is dankbaar vir die voortgesette ondersteuning.

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.