On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

LUISTER: Bemoediging in droogtetye

───   07:44 Mon, 18 Mar 2024

LUISTER: Bemoediging in droogtetye | News Article
Agri SA hoof-uitvoerende beampte, Johann Kotzé, praat by die 2024 Graan SA jaarkongres. Foto: Grain SA YouTube

“As jy deur droogte gaan, dan gebeur daar iets baie spesifiek in ’n man se lewe, want ons is die broodwinners. Ons is die boere. Ons is die ouens wat uiteindelik met ’n tjek staan wat ons nie kan skryf nie, of die knoppie nie meer kan druk nie.”

Agri SA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, het by Graan SA se onlangse jaarkongres op NAMPO Park buite Bothaville in die Vrystaat, produsente moed ingepraat ná sprake dat die mielieoes in Noordwes selfs die helfte minder as die vorige jaar kan wees.

Die jongste oesskatting wat einde Februarie uitgereik is, het getoon die verwagte kommersiële mielieoes is 14 359 300 ton, wat 12,60% of 2,071 miljoen ton minder is as die 16 430 000 ton van die vorige seisoen (2023). Die nuutste syfers word op 26 Maart verwag.

“Dis maklik om vir iemand te sê ‘ek voel vir jou’, wat jy in elk geval nie kan nie. Maar hoe hanteer ’n mens dit? As Agri SA wil ek ’n seën oor julle uitspreek. Eerder as om met julle diep te praat oor die droogte,” het Kotzé gesê.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.