Agriculture
Landboutransformasie hoog op FAO-agenda─── 10:06 Mon, 22 Apr 2024

Tyd loop uit vir die Verenigde Nasies se kos en landbou-organisasie (FAO) om hul ontwikkelingsdoelwitte deur te voer.
Die 33ste sessie van FAO se streekkonferensie vir Afrika het afgesluit met ’n sterk pleidooi vir groter ondersteuning teen klimaatskokke, verhoogde samewerking en ’n herlewing in onderbenutte Afrikagewasse.
Die verklaring kom aan die einde van die driedaagse konferensie in Rabat, Marokko, waar 54 afvaardigings teenwoordig was, onder wie ministers van landbou, vee, visserye, en bosbou, asook die burgerlike samelewing, privaat sektor, en ontwikkelingsvennote.
Die FAO Strategiese Raamwerk 2022-2031 het die besprekings oor die drie dae geanker in die sogenaamde “vier beters” – beter produksie, beter voeding, ’n beter omgewing, en ’n beter lewe – met ’n padkaart oor hoe lande die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte kan bereik.
At #ARC33, we're highlighting country experiences in implementing the #4Betters.
— FAO in Africa (@FAOAfrica) April 20, 2024
In Rwanda, with the European Union, farmers are adopting innovations for better production.
Check it out: pic.twitter.com/xufxXr6YmU
Ministers het hulself opnuut verbind om die planne te implementeer. Hulle het FAO aangemoedig om voort te gaan om die Afrika-unie te ondersteun in die formulering van die ná-Malabo-strategie en aksieplan, en het FAO se voorstel vir ’n hernude besigheidsmodel vir die evolusie van die FAO Lande-kantoornetwerk verwelkom.
Tydens haar slotopmerkings het die adjunkdirekteur-generaal van FAO, Maria Helena Semedo, namens FAO-direkteur-generaal Qu Dongyu, die dringendheid van gesamentlike en beslissende optrede beklemtoon wat nodig is om agrivoedselstelsels in Afrika te transformeer.
News: FAO Regional Conference for Africa concludes with strong commitments toward agrifood system transformation.
— FAO in Africa (@FAOAfrica) April 20, 2024
Read the full story: https://t.co/ncKHG86ixE#ARC33 #4Betters pic.twitter.com/SGFN2GDtqV
“Ons het net ses jaar tot die 2030-sperdatum. Vir ’n boer is dit ses jaarlikse oeste. Vir ministers is dit ses regeringsbegrotings, of ses operasionele planne. Ons het net nog drie geleenthede om as hierdie forum te vergader voor die einde van 2030,” het sy gesê.
Die uitkomste van die konferensie sal FAO se strategiese beplanning in Afrika vir die komende twee jaar beïnvloed, en sal ter oorweging en goedkeuring voorgelê word op die FAO-wêreldkonferensie later vanjaar.
Saamgesel uit korrespondensie van die FAO Streekkantoor vir Afrika. cg