On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Skryf in vir Bayer Boervrou van die Jaar!

───   10:10 Wed, 15 May 2024

Sponsored10:10 Wed, 15 May 2024
Skryf in vir Bayer Boervrou van die Jaar! | News Article

Het jy wat dit vat om gekroon te word as die Bayer Boervrou van die Jaar? Die Bayer Boervrou van die Jaar-kompetisie vereer vroue wat boer en boere se vrouens vir die rol wat hulle op die plaas en in hul gemeenskap speel.

Bayer bied geïntegreerde oplossings aan produsente deur toppresterende saad en geentegnologie met ’n wye reeks gewasbeskermingsoplossings te kombineer. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met Bayer se Marna Swart gesels om meer uit te vind:

Met die Bayer boervrou kompetisie, will Bayer erkenning gee aan die vroue wat die landboubedryf rugsteun. Bayer wil hierdie vroue se stories ontgin en vertel en daardeur ander inspireer, en wil die potensiaal wat hierdie vroue reeds uitleef in die boerdery en gemeenskap verder uitbou en ondersteun.

As ‘n landboumaatskappy wat geinvesteer is in boere en hul ondersteuningsnetwerk, wil Bayer graag erkenning gee aan die vroulike verskilmakers in landbou! Die rol wat vroue speel in die landboubedryf gaan dikwels ongesiens verby, of jy nou ‘n boer se vrou is of ‘n vrou wat boer. Hierdie kompetisie lig daardie vroue uit en skep ‘n bewustheid van hul merkwaardige bydrae. Hierdie kompetisie is slegs geldig vir Bayer/DEKALB kliënte.

Daar is twee kategorieë waarvoor jy kan inskryf: 

Kategorie 1: Boer se vrou (wen R10 000 kontantprys vir ‘n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse)

Kategorie 2: Vrou wat boer (wen R15 000 se Bayer/DEKALB produkte)

Besoek bayerboervou.co.za, of besoek Bayer stalletjie by NAMPO vir meer inligting.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.