On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landboudepartement ondersoek Oos-Vrystaat brande

───   13:31 Mon, 08 Jul 2024

Vrystaat Landboudepartement ondersoek Oos-Vrystaat brande | News Article
Rolspelers in die Vrystaat het die omvang van brandskade ondersoek. Foto: Vrystaat Departement van Landbou

“Sondag is brande in Fouriesburg, Bethlehem, Harrismith, Kroonstad, Edenville en Petrusburg aangemeld.”

Die Vrystaatse Departement van Landbou sê ’n voorlopige verslag toon dat sowat 8 000 hektaar grond, infrastruktuur en vee geraak is deur die naweek se brande in die Oos-Vrystaat. 

Elzabé Rockman, LUR, het Maandag (8/7) na Clarens en Bethlehem gereis om meer oor die omvang van die skade uit te vind.  Die afvaardiging het met Tseki Tseki, uitvoerende burgemeester van die Dihlabeng-munisipaliteit, en raadslede ontmoet.

Sondag is brande in Fouriesburg, Bethlehem, Harrismith, Kroonstad, Edenville en Petrusburg aangemeld.  Working on Fire-spanne is oral ontplooi om die verspreiding van veldbrande te bekamp.

Rockman sê die regering werk hard om assesserings te maak om die nodige en relevante bystand betyds te verskaf. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat die brandindeks Sondag kritiek hoog was.

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.