On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

NUTRI Feeds: Uitdagende, maar suksesvolle 2024

───   18:46 Mon, 16 Dec 2024

NUTRI Feeds: Uitdagende, maar suksesvolle 2024 | News Article
NUTRI Feeds by NAMPO 2024. Foto: NUTRI Feeds

Die landbou-sektor in Suidelike Afrika het in 2024 talle uitdagings ervaar, insluitend droogtes en ekonomiese druk. OFM Agri het met Jaco Smit, algemene bestuurder kommersieël by NUTRI Feeds, gepraat oor die jaar se hoogtepunte en struikelblokke.

Smit beskryf 2024 as ’n jaar vol uitdagings. “Dit was ’n verkiesingsjaar en droogte het groot dele van die weste insluitend Namibië en Botswana getref. Die hele Suider-Afrika het daaronder deurgeloop.” Droogtes en hoë kommoditeitspryse het ’n negatiewe uitwerking gehad op produsente. Dit is veral in die rooivleisbedryf waar pryse laag gebly het.

Tog was daar ook positiewe oomblike wat uitgestaan het. Volgens Smit het die pluimveebedryf besonder goed gevaar. “Nutrifeeds het rekordresultate behaal, nie net aan ons eie kant nie, maar ook by ons kliënte.” Die bekendstelling van nuwe produkte, soos die NUTRI-blokke, het bygedra tot hierdie sukses. “Ons is verskriklik opgewonde oor hierdie produk.”

Smit het ook van die geleentheid gebruik gemaak om ’n spesiale boodskap aan landbouers en kliënte te rig. “Aan al ons produsente, kollegas en vriende – mag hierdie Kersfees geseënd wees en mag die reën naby wees. Dankie vir jul ondersteuning deur die jaar.”

OFM Agri dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.