On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Steeds gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 13:07 Fri, 14 Nov 2025

Steeds gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat | News Article
Daar is steeds ’n toename in bek-en-klouseer-gevalle in die Vrystaat. Foto: Pexel

Bek-en-klouseergevalle neem steeds toe in die Vrystaat.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling sê die getal gevalle bek-en-klouseer in die Vrystaat staan nou op 91. Sewe afsonderlike uitbrekingsgebiede is geïdentifiseer.

Uitbrekingsgebiede

  • Kroonstad – 10,
  • Viljoenskroon/Vredefort - 43
  • Edenville – 4
  • Heilbron – 2
  • Parys/Vredefort – 9
  • Deneysville/Sasolburg – 10
  • Cornelia/Frankfort – 8
  • Odendaalsrus – 1
  • Bothaville – 2
  • Marquard – 1
  • Hlohlolwane (Clocolan) –1

Die departement gee voorkeur aan inenting op besmette plase en het onmiddellik begin om viruslading en -verspreiding te beperk. Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n 10 km-radius, en die besmette plase is onder kwarantyn geplaas.

Bek-en-klouseer-gevalle styg, die maatreëls is van lewensbelang om te volg. Foto: Pexel

Die departement vra boere, nywerheidsvennote en alle belanghebbendes moet saamwerk om dié siekte te bekamp. Dit sluit in die identifisering en voorkoming van enige onwettige beweging van diere en die onmiddellike aanmelding van enige verdagte gevalle.

Kragtens Staatskoerant no. 51512 van 13 Junie en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) word boere, afslaers en spekulante gemaan om die beweging van gespletehoefdiere te beperk, streng biosekerheidmaatreëls na te kom, nuwe vee 28 dae in kwarantyn te hou en noukeurige rekord te hou van alle vee.

Enige verdagte gevalle moet so gou moontlik by die staatsveearts aangemeld word. Die departement herinner almal daaraan dat die beweging van diere onder kwarantyn, sonder die nodige dokumentasie, ’n kriminele oortreding is en dat dié maatreëls van lewensbelang is om die veebedryf te beskerm.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.