On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Kleinboere se projek by Bloemfontein kry stukrag

───   ISABEL VAN TONDER 11:30 Fri, 13 Mar 2026

Kleinboere se projek by Bloemfontein kry stukrag | News Article
Deur die vennootskap en inisiatief word geleenthede vir kleinboere geskep. Foto: Pexel

‘n Landbouontwikkeling in Thaba Nchu kry stukrag danksy samewerking tussen verskeie organisasies.

AfriForum en Saai het stukrag verleen aan Resilient Regenerative Agricultural Initiative NPC (RRAIN) deurdat die volgende fase van Kgosi Gaboilelwe se ontwikkelingstrategie vir die Barolong Boo Sekeleka van Thaba Nchu opleiding verskaf het aan die eerste 20 deelnemers.

Die deelnemers aan die agterplaasgroentetuinprogram word befonds deur RRAIN en daar is ook groentesaad deur Rijk Zwaan geskenk om die projek op dreef te kry. Thabo Olivier van Let’s Grow Food hanteer die opleiding.

Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en samewerking by AfriForum, sê “dit is ’n voorreg vir AfriForum om steeds deel te wees van hierdie reis en vennootskap wat ses jaar gelede gevestig is.

Thabo Olivier, Gaibolelwe Moroka en Barend Uys. Foto: AfriForum

“Ons is dankbaar die toewyding, harde werk en volharding van die afgelope ses jaar het bygedra het tot die vestiging van die grondslag wat hierdie volgende fase van die landbouontwikkeling in Thaba Nchu moontlik maak.”

Die aankondinging volg op die Ke Nako-loodsgeleentheid wat onlangs in die Barolong-saal in Thaba Nchu gehou is. Die geleentheid is bygewoon deur verskeie belanghebbendes wat saam werk aan die implementering van die volgende fase in die projek.

Agri All Africa, ’n lantermynnetwerkvennoot van AfriForum en Saai, het ook tot die geleentheid bygedra en sal verantwoordelik wees vir die versekering van ’n behoorlike platform vir die gekommersialiseerde landbou-ontwikkeling wat sal plaasvind.

‘Ons is dankbaar om betrokke te wees by hierdie inisiatief 
wat geleenthede skep vir kleinboere’

“Die meganisering, modernisering en kommersialisering van kleinboere is noodsaaklik vir welvaartskepping, die versekering van voedselsekerheid en die verbetering van die algemene sosiaal-ekonomiese toestande van gemeenskappe in diep landelike gebiede.

“Ons is dankbaar om betrokke te wees by hierdie inisiatief wat geleenthede skep vir kleinboere om te ontwikkel en tot hulle volle potensiaal te groei,” sê dr. Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai.

AfriForum en Saai is sedert 2020 betrokke by landbouontwikkelingsprojekte in vennootskap met die Barolong Boo Seleka.

OFM Agri/Isabel van Tonder sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.