On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer se krisis verdiep in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 12:29 Mon, 23 Mar 2026

Bek-en-klouseer se krisis verdiep in Vrystaat | News Article
Stygende BEK-syfers hou in die Vrystaat is kommerwekkend. Foto: Vrystaat Landbou

Nog gevalle van bek-en-klou aangemeld, inentings begin in Vrystaat

Bevestigde bek-en-klouseer-gevalle in die Vrystaat staan nou op 419. Altesaam 23 nuwe gevalle is aangemeld, waarvan ses op die Goudveld, vyf by Frankfort/Cornelia/Villiers, vier by Viljoenskroon/Vredefort, drie by Edenville/Koppies en twee elke by Kroonstad en Qwa Qwa/Harrismith. Vrede/Memel het een nuwe infeksie.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling gee voorkeur aan inenting van beeste in die betrokke gebiede en het bykomende entstowwe bekom. Gevalle is geïdentifiseer in 17 plaaslike munisipaliteite.

Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n 10 km-radius van die besmette gebiede om nog verspreiding te voorkom. 

Jongste beskikbare getalle 

  • Viljoenskroon/Vredefort 67
  • Parys/Vredefort 50
  • Deneysville/Sasolburg 46
  • Villiers/Cornelia/Frankfort 35
  • Clocolan 23
  • Kroonstad 20
  • Reitz/Lindley 20
  • Vrede/Memel 20
  • Marquard/Senekal 20
  • Qwa Qwa/Harrismith 19
  • Edenville/Koppies 14
  • Bethlehem 14
  • Odendaalsrus/Welkom/Ventersburg/Welkom/Hennenman/Virginia: 14
  • Warden 12
  • Heilbron nege
  • Tweeling sewe
  • Bothaville sewe
  • Edenburg/Reddersburg ses
  • Boshof/Bultfontein: vyf
  • Smithfield/Rouxville drie
  • Bultfontein vier
  • Ladybrand twe
  • Bloemfontein een
  • Thaba Nchu een

Die departement het op 25 Februarie 200 000 dosisse Biogéneses-entstof ontvang en op 12 Maart 195 000 dosisse Dollvet-entstof. Die entstof word versprei na vyf distrikte vir inenting. Altesaam 150 346 beeste is reeds ingeënt met die entstowwe. Alle entstof wat deur die staat toegedien word, is gratis.

Bek-en-klouseer verspreiding in die Vrystaat plaas boere onder enorme druk Foto: Pexels

In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk.

Volg streng biosekuriteitsmaatreëls en enige nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou word.  Hou rekord van jou vee en meld enige verdagte gevalle onmiddellik aan by die staatsveearts.

Aansoeke word ingewag en heelwat aansoeke is ontvang. Landbouers word daaraan herinner dat alle aansoeke moontlik nie sal slaag met die eerste ronde van inentings en strategie nie. Aansoeke word egter aangemoedig om toekomstige hoeveelhede van die entstowwe te bepaal.

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie gerapporteer word nie, is ’n groot bekommernis vir die departement. As gevalle nie aangemeld word nie, veroorsaak dit probleme met die beplanning en voorsiening van entstof aan die besmette gebied en kan dit daartoe lei dat te min entstof daaraan toegewys word.

Verdagte gevalle van bek-en-klouseer moet by die Staatsveearts aangemeld word. Foto: Pexels

Boere moet ook onthou die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad. Die departement vra boere en belanghebbendes om saam te werk in die bekamping en verspreiding van die siekte.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.