Press Office

#BakkieArm nou ook ’n trefferlied!

───   10:56 Wed, 15 Jun 2022

#BakkieArm nou ook ’n trefferlied! | News Article

Terwyl verkope van die OFM #BakkieArm-mou flink verloop ten bate van die Agri Securitas-trustfonds, het Die Klank van Jou Lewe ook luisteraars op 15 Junie 2022, met die vrystelling van ’n oorspronklike lied, ter viering van die #BakkieArm, vermaak.

Met lirieke uit die pen van Good Morning Breakfast-aanbieder, Shandor Potgieter, OFM-verkoopsbestuurder, Anchen Lintvelt, en keurige vermenging deur Bobby Johnson van Rebirth Music, laat SOYL se “Bakkie Arm” die voete behoorlik jeuk.

Die vrystelling van die lied, geregistreer aan SOYL (kort vir Sound of Your Life en uitgespreek as “soil”) is nie net nog gesonde pret nie, maar het ook ten doel om meer aandag op ’n dieper saak te vestig.

Die #BakkieArm-mou is gebore uit ’n gereelde insetsel op die ontbytprogram, ‘Woord van die Week’, en het organies so ontwikkel dat daar uiteindelik ’n kledingstuk geskep is om oor die arm van ’n bestuurder te trek om te verhoed dat hul een arm bruiner as die ander brand.

OFM het onlangs die #BakkieArm-veldtog van stapel gestuur om fondse in te samel vir Agri Securitas, ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir die verbetering van landelike veiligheid beywer.

Die radiostasie het dié organisasie gekies omdat Sentraal Suid-Afrika die hartland van landbou in Suid-Afrika verteenwoordig.

’n #BakkieArm-mou kan teen ’n donasie vanaf R100 elk aangekoop word op OFM se webwerf, deur hierdie skakel te volg: https://bit.ly/OFMBakkieArm. Dit is ook hier waar SOYL – Bakkie Arm gratis afgelaai kan word.

Volg #BakkieArm op sosiale media vir die jongste nuus oor die fondsinsameling.

EINDIG


#BakkieArm now also a hit song!

While sales of the OFM # BakkieArm sleeve are steadily progressing for the benefit of the Agri Securitas Trust Fund, The Sound of Your Life also had listeners entertained on the morning of 15 June 2022, with the release of an original song in celebration of the # BakkieArm.

With lyrics from the pen of Good Morning Breakfast presenter, Shandor Potgieter, OFM sales manager, Anchen Lintvelt, and exquisite mixing by Bobby Johnson of Rebirth Music, SOYL's "Bakkie Arm" promises to get feet tapping.

The release of the song, registered under SOYL (pronounced soil – and an acronym of Sound of Your Life) is not only healthy fun, but also aims to draw more attention to a more important cause.

The #BakkieArm sleeve was born from regular inserts on the breakfast show, 'Word of the Week', and has evolved organically to such a point that a garment was fashioned to pull over a driver’s arm to protect it from the sun, so that their one arm does not become more tanned than the other.

OFM recently launched the #BakkieArm campaign to raise funds for Agri Securitas, a non-profit organisation that works to improve rural safety.

The radio station chose this organisation because Central South Africa is the heartland of agriculture in South Africa.

A #BakkieArm sleeve can be purchased for a donation from R100 each on OFM's website, by following this link: https://bit.ly/OFMBakkieArm. This is also where “SOYL – Bakkie Arm” can be downloaded, free of charge.

Follow #BakkieArm on social media for updates on this fundraising project.

ENDS


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie het in 2021, 35 jaar in die uitsaaiwese gevier. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en 'n satellietateljee in Welkom.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met 'n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit 'n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het 'n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM geniet van die hoogste voorkoms van tyd wat spandeer word om na die radio te luister in Suid-Afrika. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie niskenmerke – insluitend 'n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as 'n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is 'n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die krieketspanne van die Knights, Northern Cape Heat en North West Dragons. OFM is daartoe verbind om die regte, goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.


Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news and entertainment. The station celebrated 35 years in the broadcasting industry in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams, as well as the Knights, Northern Cape Heat and North West Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.

@ 2022 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal