On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Press Office

OFM smee kragte met NAMPO ALFA-ekspo

───   07:41 Thu, 08 Sep 2022

OFM smee kragte met NAMPO ALFA-ekspo | News Article

OFM kondig met trots aan dat die ‘Die Klank Van Jou Lewe’ die amptelike mediavennoot van die NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jag- en Buitelewe-ekspo is.

Die twee grootste rolspelers in die veebedryf, Graan SA en ALFA, gaan van 29 September tot 1 Oktober 2022 die heel eerste keer die NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jag en Buitelewe-ekspo op NAMPO Park, net buite Bothaville, aanbied.

Hierdie jag- en buitelewe-ekspo bied praktiese ervarings. Besoekers sal ’n volwaardige skietbaan met demonstrasies kan geniet, 4x4-voertuie op ’n praktiese roete kan bestuur, en die nasionale veldren met bekende renjaers in aksie kan bywoon.

Anchen Lintvelt, OFM Verkoopsbestuurder, sê: “OFM is met trots deel van die eerste NAMPO ALFA op NAMPO-park. Dit is ‘n voorreg om weereens hande te kon vat en as mediavennoot sal OFM seker maak ons luisteraars bly ingelig oor alles wat by NAMPO ALFA gaan plaasvind.’’

Intussen het die organiseerders bekend gemaak dat hulle, as verantwoordelike rolspelers in die lewendehawe bedryf, aan alle reëls en regulasies soos deur die minister van landbou, Thoko Didiza afgekondig, voldoen.

Alle bio-sekuriteitsprotokolle is reeds in plek en sal net nog meer nougeset toegepas word om die risiko so goed as moontlik te bestuur. Hierdie protokolle is reeds suksesvol tydens die Bloemskou en NAMPO toegepas. Die organiseerders werk ook saam met industrie leiers en staatsinstellings in hierdie verband.

Tans vind NAMPO ALFA buite die verbod tydperk van 21 dae plaas.

“Ons is baie opgewonde om die nuwe NAMPO ALFA ekspo aan te bied en daar gaan vir almal iets wees om na uit te sien. Daar is ‘n groot verskeidenheid van hoë gehalte jag- en buitelewe uitstallers,” sê dr Dirk Strydom, Graan SA se Hoof: Nampo, Bemarking en Navorsing Koördinering.

“Die doel van die ekspo is bowenal om aan elke besoeker ‘n praktiese ervaring te bied. ‘n Hoogtepunt is laastens die nasionale veldwedren, waar talle bekende renjaers in aksie gesien kan word,” sluit Strydom af.

Die veebedryf in Sentraal-Suid-Afrika groei en vorm 'n belangrike deel van die plaaslike ekonomie. Hierdie groei blyk duidelik uit die feit dat ALFA oor 'n tydperk van vier jaar gegroei het tot die beste vee-ekspo in die land. Die volgende logiese stap vir ALFA was om nog groter te gaan, en met jare se suksesvolle skoue agter sy naam is NAMPO Park die ideale plek waar ALFA sy vlerke kan sprei.

Kaartjies is beskikbaar by ticketpro.co.za.

Vir meer inligting kontak: marketing@ofm.co.za.

EINDE


OFM partners with NAMPO ALFA

OFM is a proud to announce that it is the official media partner of the NAMPO ALFA Livestock, Hunting and Outdoor Expo.

This hunting and outdoor lifestyle expo will incorporate experiences. Visitors will be able to enjoy a fully-fledged shooting range with demonstrations, drive 4x4 vehicles on a practical route, and watch the national off-road race.

Anchen Lintvelt, OFM Sales Manager, says: “OFM is proud to be part of the first NAMPO ALFA at NAMPO Park. It is a privilege to be able to collaborate once again and as a media partner, OFM will ensure that our listeners are informed of everything that will take place at this expo.’’

The organisers have also stated that, as responsible players in the livestock industry, they will comply with all rules and regulations as promulgated by the minister of agriculture, Thoko Didiza.

They note that all bio-security protocols are already in place and will be applied even more stringently to manage the risk as best possible. These protocols have already been successfully applied during the Bloem Show and NAMPO Harvest Day.

Currently, NAMPO ALFA takes place outside the 21-day ban period.

"We are excited to present the new NAMPO ALFA expo and there will be something for everyone to look forward to. There is a large selection of high-quality hunting and outdoor exhibitors," says Dirk Strydom, Grain SA's Nampo, Marketing and Research Coordination Lead.

"The aim of the expo is above all to offer every visitor a practical experience. Finally, a highlight is the national off-road race, where many famous racers can be seen in action," Strydom concludes.
 
The livestock industry in Central South Africa is growing and forms an important part of the local economy. This growth is evident in the fact that ALFA has developed into the best livestock expo in the country over a period of four years. The next logical step for ALFA was to expand further, and with years of successful expos behind its name, NAMPO Park is the ideal place for ALFA to spread its wings.

Tickets are available at ticketpro.co.za.

For further information contact: marketing@ofm.co.za.

ENDS


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste kommersiële radiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie het in 2021, 35 jaar in die uitsaaiwese gevier. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein, en 'n satellietateljee in Welkom.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met 'n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit 'n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het 'n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend 'n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, sowel as 'n toegewyde besigheidsprogram met twee bykomende ekonomiese nuusopdaterings deur die loop van die dag.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners bymekaar bring. Die stasie is 'n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights, Heat en Dragons krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die regte goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.


Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrated 35 years in the broadcasting industry in 2021. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein, and a satellite studio in Welkom.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa, and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme with two additional economic news updates throughout the day.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.