Press Office
OFM raises more than R323,000 for winter relief─── 15:13 Tue, 28 Jul 2026
OFM listeners have once again proven the power of community – this time by raising R323,980.89 during The Big Cover-Up, which took place on Wednesday, 3 June 2026.
The annual winter campaign set out to raise R200,000 in cash donations to assist nongovernmental organisations in providing blankets and food to older persons and children, who are among those most vulnerable during the harsh winter months. Thanks to the overwhelming generosity of listeners and supporters across Central South Africa, the campaign exceeded its target by more than R123,000.
All donations were distributed by Round Table South Africa to 36 beneficiaries across the Free State, Northern Cape, North West, and Vaal regions. Beneficiaries included old-age homes, children’s homes and other organisations caring for vulnerable members of their communities.
“The generosity of our Central South African community is filled with such love. It’s who we are as people – to care for our community,” said Nick Efstathio, CEO of OFM.
OFM’s Marketing and Sales Manager Anchen Lintvelt thanked Round Table South Africa and its volunteers for helping ensure the donations reached those who needed them most. “Being able to work with partners like Round Table South Africa on these types of projects makes the manual labour so much lighter and the distribution of the donations so much faster. To all 18 Tables in Central South Africa, our sincere thanks for the effort you have made to ensure that the nursing homes and children’s homes are provided with blankets and essential products for the cold winter,” said Lintvelt.
OFM extends its heartfelt gratitude to every listener, donor, partner and volunteer who contributed to the success of The Big Cover-Up. Every donation has helped bring warmth, comfort and hope to those facing the challenges of winter.
For more info, contact marketing@ofm.co.za.
ENDS
Who is OFM?
In the heartland of South Africa, there’s a medium that moves people to action. OFM crafts the soundtrack to living in the Free State, Northern Cape, North West and southern Gauteng.
This region is rich in minerals and renewable energy, but its greatest treasure is its people. For decades, ‘ordinary’ individuals from Central South Africa have achieved the extraordinary – from the birth of a liberation movement in Bloemfontein, to Archbishop Desmond Tutu’s beginnings in Klerksdorp, to Africa’s first astronaut, Mark Shuttleworth from Welkom.
Here, resilience fuels remarkable moments: a University of the Free State medical student crowned Miss World, the Griquas lifting the Currie Cup after 55 years. And every day, countless unsung heroes continue that legacy. We meet them where they are – as fans greet OFM’s cheerful yellow fleet criss-crossing the region for activations and outside broadcasts.
In a place where community defines quality of life, ‘stronger together’ isn’t just a saying – it’s a way of being. When need arises, Central South Africa shows up. In October, our listeners helped raise R1.2 million for CANSA. A one-day radiothon generated R300 000 to give the elderly and children a warmer winter in July.
We celebrate the lighter side too. Milk-tart mania swept through the region during our “melktert meesters” fun – leaving shelves bare, and on Heritage Day, our audience settled the braaibroodjie debate – traditional wins. And OFM CLOSET, the home of the famous “bakkie arm,” brings playfulness to life with punchy slogan merchandise.
As the leading commercial station in Central South Africa, OFM delivers not only entertainment but essential information to guide daily life and business.
Agriculture is the backbone of this region. Its world-class produce – lamb, beef, grapes, citrus, cherries, nuts and more – is enjoyed across the globe. OFM’s heart beats agri. We know when the rains delay, when disease impacts value chains, and when farmers need us to stand with them. We even helped one farmer “go for gold in the green” with a new John Deere tractor.
OFM is the sound of NAMPO Harvest Day, the largest agricultural expo in the southern hemisphere, attracting 800 exhibitors and 100 000 visitors over four days.
We do not just broadcast to Central South Africa – we serve, and we celebrate it.
Four provinces. Three hundred thousand listeners. On air and online, another 300 000 streamed connections, with 250 000 social media followers.
One heartbeat that connects it all.
OFM – the sound of your life.
END
OFM samel meer as R323 000 in vir winterbystand
OFM-luisteraars het weereens die krag van ’n gemeenskap bewys – hierdie keer deur R323 980,89 in te samel tydens The Big Cover-Up op Woensdag 3 Junie 2026.
Die jaarlikse winterveldtog was daarop gemik om R200 000 in kontantskenkings in te samel om nieregeringsorganisasies te help om komberse en kos te verskaf aan ouer mense en kinders wat onder diegene is wat die kwesbaarste is gedurende die strawwe wintermaande. Danksy die oorweldigende vrygewigheid van luisteraars en ondersteuners dwarsoor Sentraal-Suid-Afrika, het die veldtog sy teiken met meer as R123 000 oortref.
Alle skenkings is deur Tafelronde Suider-Afrika versprei aan 36 begunstigdes dwarsoor die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Vaaldriehoek. Begunstigdes het ouetehuise, kinderhuise en ander organisasies ingesluit wat vir kwesbare lede van hul gemeenskappe sorg.
“Die vrygewigheid van ons Sentraal-Suid-Afrikaanse gemeenskap getuig van liefde in oorvloed. Dit is wie ons as mense is – om vir ons gemeenskap te sorg,” sê Nick Efstathio, uitvoerende hoof van OFM.
OFM se bemarkings-en-verkoopsbestuurder, Anchen Lintvelt, bedank Tafelronde Suider-Afrika en sy vrywilligers vir hul hulp om te verseker dat die skenkings diegene bereik wat dit die nodigste het. “Om met vennote soos Tafelronde Suider-Afrika aan hierdie soort projekte saam te werk, maak die handearbeid soveel ligter en die verspreiding van die skenkings soveel vinniger. Aan al 18 Tafels in Sentraal-Suid-Afrika, ons opregte dank vir al julle moeite om te verseker dat die ouetehuise en kinderhuise van komberse en noodsaaklike produkte tydens die koue wintermaande voorsien word,” sê Lintvelt.
OFM betuig sy hartlike dank aan elke luisteraar, skenker, vennoot en vrywilliger wat bygedra het tot die sukses van The Big Cover-Up. Elke skenking het gehelp om warmte, vertroosting en hoop te bring aan diegene wat die uitdagings van die winter in die gesig staar.
Vir nog inligting, stuur e-pos aan marketing@ofm.co.za.
EINDE
Wie is OFM?
In die hartjie van Suid-Afrika is ’n medium wat mense vorentoe laat beweeg. OFM skep die klankbaan vir die lewe in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Suid-Gauteng.
Dié streek is ryk aan minerale en hernubare energie, maar sy waardevolste bate is sy inwoners. Dekades reeds behaal “gewone” mense uit Sentraal-Suid-Afrika buitengewone prestasies – van die ontstaan van die vryheidstryd in Bloemfontein, tot aartsbiskop Desmond Tutu se geboorte in Klerksdorp en dié van Afrika se eerste ruimtevaarder, Mark Shuttleworth, in Welkom.
Hier lei deursettingsvermoë tot onvergeetlike oomblikke: ’n mediese student van die Universiteit van die Vrystaat dra die Mej. Wêreld-kroon; die Griekwas hou die Curriebeker omhoog ná 55 jaar. En elke dag sit tallose onbesonge helde dié tradisie
voort. Ons kom hulle teë waar hulle ook al is, wanneer aanhangers van OFM ons vloot geel voertuie opgewonde begroet tydens aktiverings en buite-uitsendings dwarsoor ons gebied.
Hier waar samesyn ’n mens se lewensgehalte bepaal, is “samehorigheid” nie net ’n woord nie, dis ’n lewenswyse. As die nood druk, bring Sentraal-Suid-Afrikaners hul kant. In Oktober het ons luisteraars R1,2 miljoen vir Kansa help insamel. Tydens ’n eendaagse radiothon in Julie is R300 000 ingesamel om kinders en bejaardes teen die winterkoue te help pantser.
Ons vier ook die ligter sy. Melktertkoors het die streek beetgepak tydens ons prettige Melktertmeesters, en op Erfenisdag het ons gehoor die braaibroodjiegeskil besleg: tradisioneel kraai koning. Intussen maak OFM CLOSET, die tuiste van die bekende bakkie-arm, die lewe pret met pittige slagspreuke op alles van sokkies tot T-hemde.
As Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie bied OFM nie net vermaak nie, maar ook belangrike inligting vir die alledaagse lewe en sakewêreld.
Landbou is die ruggraat van ons streek. Produkte van wêreldgehalte – soos lams- en beesvleis, druiwe, kersies en neute – word in alle uithoeke van die wêreld geniet. Die landboubedryf is ons hartklop. Ons weet wanneer die reën wegbly, wanneer siektes die waardeketting benadeel en wanneer produsente hulp nodig het. Ons het selfs ’n boer gehelp om “in groen na goud te reik” met ’n nuwe John Deere-trekker.
OFM is die klank van NAMPO Oesdag, die grootste landbou-ekspo in die suidelike halfrond met 800 uitstallers waarheen 100 000 besoekers oor vier dae stroom.
Ons saai nie net uit na Sentraal-Suid-Afrika nie, ons vier en dien dié streek.
Vier provinsies. Driehonderdduisend luisteraars op die lug. Aanlyn nog driehonderdduisend wat stroom en ’n kwartmiljoen volgelinge op sosiale media.
Een hartklop wat dit alles saambind.
OFM – die klank van jou lewe.

