Rugby
Bokke op pad om hul Wêreldbeker te verdedig─── 11:24 Sun, 13 Aug 2023
Die Springbokke het Saterdag uit Suid-Afrika vertrek om hul status van Wêreldbeker-kampioene te verdedig.
Die span pak Wallis op 19 Augustus in Cardiff, en die All Blacks die volgende Vrydag (25/8) in Londen. Dit is hul laaste twee opwarmingswedstryde voordat hulle vertrek vir 'n week lange oefenkamp in Korsika. Daarna is hulle op pad na hul toernooibasis in Toulon, Frankryk.
Die Bokke open hul Wêreldbeker-veldtog op Sondag (10/9) teen Skotland in Marseille.
Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, se vrou, Rachel Kolisi, is dankbaar en opgewonde oor die Rugbywêreldbeker. Meer nog omdat haar man herstel het en deel is van die 33 spelers wat op pad Frankryk toe is om hopelik vanjaar weer die Wêreldbeker-kampioentitel te wen.
Ná die groep se vertrek Saterdag het sy haar opgewondenheid op Instagram uitgespreek. Dié fiksheidsinstrukteur en beïnvloeder het gesê haar man se herstel is ’n wonderwerk.
Siya Kolisi se kniebesering
Die Springbok-kaptein het 'n kniebesering opgedoen tydens sy laaste tuiswedstryd vir die Haaie in April vanjaar.
Ná die aankondiging van die Wêreldbeker 2023-groep vroeër vandeesweek, het Siya gedeel dat dit 'n skrikwekkende besering vir hom is, en bygevoeg dat die Springbokke hom vertroue gegee het dat hy oukei sal wees.
“Ek was ook geseën met hoe vinnig ek genees het, wat groot was. Hoe harder ek gewerk het, hoe beter het ek gevoel, en dit was belangrik. So natuurlik was ek regtig bang. As dit nie vir my vrou, my familie en die ondersteuning rondom my was nie, sou ek nie hier gewees het nie.”
Die aankondiging van die Springbokspan. Video: Morgan Piek
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê die verskil tussen die 2019 Wêreldbeker en vanjaar is dat daar nou meer verwagtinge van die span is vergeleke met vier jaar terug.
"As 'n span het ons die afgelope paar jaar meer diepte gebou. Die verwagtinge is nie 'n las nie, dit is 'n voorreg." hy het gesê.
“Hierdie span het nogal baie ondervinding,” he Nienaber aan SA Rugby gesê.
“Ons het nege spelers wat aan hul derde Wêreldbeker-rugbytoernooi deelneem, en ’n hele klomp aan hul tweede. So miskien gaan net 'n derde van die span hul eerste Wêreldbeker in.”
Die Springbokke is tans vierde op die IRB-ranglys ná Frankryk, Nieu-Seeland en Ierland.
“Ons betree hierdie Wêreldbeker as verdedigende kampioene, terwyl ons die laaste keer in die agterhoede was. Ons is dalk nie dié keer underdogs nie, maar ons is nie die gunstelinge nie,” het Kolisi gesê.


