Rugby
Griekwas wil Cheetahs keer met ysterverdediging─── MORGAN PIEK 14:16 Thu, 08 May 2025

Die Suzuki Griekwas sal op hul verdediging fokus wanneer hulle Saterdag in Kimberley teen die Toyota Cheetahs te staan kom in die laaste rondte van wedstryde in die SA Beker.
Die Griekwas is die verdedigende kampioene en die gunstelinge om Saterdag koning te kraai in die buurstryd, maar hulle sal geensins die Vrystaat onderskat nie.
Oor die afgelope paar weke het die Cheetahs goed op dreef gekom in die SA Beker, en hul selfvertroue is hoog.
Die Griekwas sal sonder Marco de Witt moet klaarkom, aangesien hy beseer is. Phumzile Maqondwana sal dus in die nommer sewe-trui uitdraf.
Die staatmaker-losskakel, George Whitehead, sal die nommer tien-trui dra en die span aanvoer, ten spyte sy van sy persoonlike verlies met die afsterwe van sy pa.
Die Poubloues se afrigter, Pieter Bergh, het aan OFM Sport gesê dat die Cheetahs hul verdediging sal toets en dat hulle hul man sal moet staan.
Zane Bester en Tertius Kruger. Foto: Morgan Piek
“Hulle het die seisoen stadig begin met ’n nuwe afrigtingspan. Ons kan die identiteit sien wat hulle probeer vestig – hoe hulle wil rugby speel – en ons sien op die veld wat hulle sê en hoe hulle daaroor praat,” sê Bergh.
“Hulle het definitief verbeter as ’n span sedert die eerste wedstryd teen Boland. Hulle is nou al nege weke saam as ’n afrigtingspan en ’n groep spelers.
“Ons glo hulle gaan met ’n baie groot aanvallende ingesteldheid hiernatoe kom, en ons sal goed moet verdedig teen hulle.
“Ons moet hulle onder druk sit. Hulle was baie tevrede met hoe hulle teen Grens, die Valke en SWD op hul tuisveld gespeel het, maar ons weet ons verdediging is ’n bietjie beter as daardie spanne s’n, en ons sal sterk moet wees hierdie week teen hulle.
“Soos ek sê, hulle glo in ou Vrystaat se hardlooprugby. Ons weet hulle gaan ons toets daarmee, en ons verdediging sal baie goed moet wees om hulle onder druk te hou.”
Saterdag se buurstryd tussen die Griekwas en Cheetahs by die Suzuki-stadion skop om 15:00 af.
Griekwas - 15 Cameron Hufke, 14 Dylan Maart, 13 Mnombo Zwelendaba, 12 Tertius Kruger, 11 Gurswin Wehr, 10 George Whitehead (kaptein), 9 Thomas Bursey, 8 Gustav Erlank, 7 Phumzile Maqondwana, 6 Thabo Ndimande, 5 Albert Liebenberg, 4 Dylan Sjöblom, 3 Cebo Dlamini, 2 Janco Uys, 1 Corné Lavagna
Plaasvervangers - 16 Gustav du Rand, 17 Leon Lyons, 18 Ntobelo Shezi, 19 Athenkosi Khethani, 20 Stephan Smit, 21 Bobby Alexander, 22 Tylor Sefoor, 22 Zane Bester
Cheetahs -