On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Rugby

Georgië se gevaarlike agterlyn ’n groot toets vir Cheetahs

───   MORGAN PIEK 07:45 Wed, 09 Jul 2025

Georgië se gevaarlike agterlyn ’n groot toets vir Cheetahs | News Article
Davit Niniashvili. Photo: World Rugby

Die Toyota Cheetahs sal Vrydagaand op hul verdediging moet staatmaak wanneer hulle in Bloemfontein teen Georgië te staan kom.

Die besoekers is ’n internasionale span wat 11de op die wêreldranglys is, en hulle gaan beslis ’n punt wil bewys voordat hulle volgende week teen die Springbokke speel.

Hulle beskik ook oor spelers soos die 22-jarige Davit Niniashvili, wat beskou word as een van die beste agterlynspelers in Europa. Niniashvili het in Januarie tydens die Europese Uitdaagbeker vir Lyon oor die doellyn gekuier tydens hul 68-25-sege oor die Cheetahs.

Davit Niniashvili teen die Cheetahs. Photo: X

Die Cheetahs se tussentydse afrigter, Ruan Pienaar, het aan OFM Sport gesê Georgië se agterlynspelers is net so gevaarlik soos hul voorspelers.

“Ek dink dis iets waaroor ons gepraat het – hulle het baie gevaarlike agterspelers met spoed, maar hulle is net so fisiek soos die voorspelers,” sê Pienaar. “Dit gaan ’n lekker toets wees vir ons ouens. 

“Baie van die spelers het dit al ervaar teen Lyon en ons het gesien hoe gevaarlik hulle daar kan wees. Ons het planne gemaak daarvoor en ek is seker die ouens sal reg wees om daardie spoed te verdedig.”


Pienaar, wat sonder twyfel ’n legende van Vrystaat-rugby is – al het hy net ’n klein deel van sy glansloopbaan vir die Cheetahs gespeel – sê ook dat die wedstryd ter viering van 130 jaar Vrystaat-rugby ’n baie belangrike geleentheid is vir hom, sowel as vir alle oud- en huidige spelers en hul ondersteuners.

“Hierdie unie beteken baie, nie net vir my nie, maar vir soveel mense in Bloemfontein en die Vrystaat. Om só ’n geleentheid te kan vier, is regtig besonders. 

“Ek dink die spelers besef dit is nie net nog ’n wedstryd vir ons nie. Ons wil regtig goed speel en die trui met trots dra, en ek is vol vertroue dat hulle dit die naweek sal doen.”

Vrydagaand se kragmeting by die Toyota-stadion skop om 19:00 af.

OFM Sport/Morgan Piek cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.