On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

World News

SAL hervat vlugte na Mosambiek

───   16:39 Thu, 02 Sep 2010

SAL hervat vlugte na Mosambiek | News Article

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy vlugte na Maputo in Mosambiek hervat nadat dit gister weens onrus in die stad gekanselleer is. Mense het betoog oor die stygende kos-, elektrisiteits- en waterpryse. Die woordvoerder vir SAL, Fani Zulu, sê die lugredery se vlugte is gekanselleer omdat bemanningspersoneel nie by die Maputo Lughawe kon uitkom nie. Suid-Afrika het ook sy ambassade heropen. Intussen is die situasie in die gebied kalm, maar gespanne veral in die nabygeleë arm woongebied, Matola. Winkels en vulstasies in Maputo is steeds gesluit en daar is 'n streng polisie-teenwoordigheid.

SABC

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.