On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Wen met Wêreld-Eierdag

Vier Wêreld-Eierdag saam met die SA Pluimveevereniging en staan ’n kans om een van drie gekenkpakke te wen!

Eiers is ’n natuurlike produk, propvol 13 noodsaaklike voedingstowwe, wat fisiese en kognitiewe gesondheid deur elke lewensfase ondersteun. Eiers bied hoë gehalte-proteïene vir energie en spierherstel, asook voedingstowwe wat breinontwikkeling, gesonde swangerskap, sterk bene en goeie sig bevorder. Beskeie maar kragtig - eiers is veelsydig, ondersteun plaaslike gemeenskappe en bied volledige voeding vir ieder en elk.

Feite en flaters

  • Flaters: Vryloophoenders het toegang tot enigiets waar hulle vryloop. Dit beteken hulle eet grond en van hulle eie mis en allerhande ander dinge. Die bakterie-telling in vryloop-eiers is dan ook altyd hoër as in battery-eiers aangesien battery-hoenders nie kan rondskrop nie en net die voer kan vreet wat aan hulle verskaf word. Die mortaliteit onder vryloophoenders is ook hoër as dié van battery-hoenders.
  • Feit: Een lê-hoender weeg ongeveer 1.9 kg lewendig. Sy produseer ongeveer 320 tot 330 eiers in een vol produksiejaar en die eiers weeg gemiddeld 59 gram.
  • Flater: Een hoender het ’n minimum van 25 tot 26 ure nodig om een eier te produseer.
  • Feit: Eiers bevat Histidine, Isoleusine, Leusine, Lysine, Methionine, Phenylalanine, Threonine, Tryptophan, en Valine.
  • Flater: ’n Eier per dag is goed. Die mite dat eiers cholestrol veroorsaak is nie waar nie.
  • Feit: Karoteen sorg vir die kleur van die eiergeel. Geen karoteen laat die eiergeel verdwyn. Karoteen kom voor in geel mielies en lusern en daar word partykeer kunsmatige karoteen by die voer gevoeg om die regte kleur vir die eier te kry.

Skryf in om die kans te staan om ’n eiergeskenkpak te wen (eierkoker, -spaan, -pan, ses pakkies eiers, en ’n resep).

Beantwoord hierdie vraag: Feit of flater –  Dit neem meer as 24 uur om ’n eier te produseer.

B’s en V’s geld.



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.