On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Wys Jou Huis en wen ‘n kajuit!

Waar kuier jy die feestyd? Langs die rivier, by jou see-huisie, of hou jy dit koel oppie plaas?

Waar ookal, gebruik die tyd om ’n kajuit vir twee te wen aan boord die Kaptein & Vriende-vaart vanaf 20 tot 23 Februarie 2026 ter viering van OFM se 40ste verjaarsdag!


OFM gee ’n kajuit vir jou en ’n reisgenoot weg aan boord die MSC Opera na die Portugese Eiland.

Om in te skryf, stuur die woord ‘wys’ via Telegram na 084 222 9497, volg die instruksies en stuur vir ons ’n foto of video van jou vakansietuiste, plus ’n motivering wat sê waarom jy moet wen. Belangrik: Jy en jou reisgenoot moet elk ’n geldige paspoort hê.

Die kompetisie eindig Sondag, 18 Januarie om middernag, en die wenner word op 20 Januarie aangekondig!

Bepalings en voorwaardes

Prys sluit in:

  • ’n “Beperkte uitsig”-kajuit vir slegs twee gaste
  • R8000 prysgeld (vir reis, akkommodasie en ander uitgawes)

Kompetisievoorwaardes:

  • Kompetisie is slegs oop vir persone ouer as 18 jaar.
  • Wenner(s), insluitend minderjariges, moet in besit wees van ’n paspoort wat geldig is vanaf die aanvang van die vakansiepakket en vir die volle duur daarvan.
  • Kinders onder 18 jaar ten tyde van reis moet, benewens ’n geldige paspoort, ook ’n geldige, onverkorte geboortesertifikaat hê om te kan reis.

Koste vir die kajuit vir twee sluit in:

  • Versekering (R244 per persoon)
  • Hawe- en bagasiekoste (R925 per persoon)
  • Diensfooi (R501 per persoon)
  • Maaltye (ontbyt, middagete en aandete in hoofrestaurante en buffet)
  • Gratis tee-, koffie- en waterstasies regoor die skip
  • Broadway-stylteaters en musiekoptredes
  • Daaglikse vermaak en aktiwiteite vir families

Koste uitgesluit en vir die wenner(s) se eie rekening:

  • Drankies en verversings
  • Uitstappies op die Portugese Eiland
  • Foto’s
  • Internet
  • Wasgoed
  • Parkering by Durban-hawe

Addisioneel:

  • Alle voorafbetaalde dienste moet minstens drie weke voor vertrek by jou bespreking gevoeg word.
  • Gedetailleerde MSC-bepalings en -voorwaardes is hier beskikbaar: msccruises.co.za/terms-conditions




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.