Die Besproei vir Groei Landbouprojek bou ’n beter toekoms vir skole!
Reinke SA, in samewerking met vennote, gee een skool die kans om ’n landbouprojek te ontwikkel!
Met die Die Besproei Vir Groei Landbouprojek vir Skole kry 'n skool die geleentheid om landbou-onderrig, entrepreneurskap en voedselsekerheid te bevorder.
Wat kan deur die skool gewen word?
- ’n Spilpunt
- Pompe – ALGO Fluid Techniks SA Pty Ltd
- Saad – ATS en MayFord Seeds
- Kunsmis – Omnia Fertilizer
- Gewasbeskerming – Villa Crop Protection
- Versekering – King Price Insurance
- Beskikbaarheid van ’n trekker – Massey Ferguson
- Klerasie – Salty Bush Wear
- ’n Bemarkingspakket – OFM
Vyf skole pronk as finaliste in die Besproei vir Groei-landbouprojek, in samewerking met Reinke en ander vennote.
Hartlik geluk aan die skole wat as ons amptelike finaliste vir die Besproei vir Groei-landbouprojek vir Skole aangewys is:
- Hoërskool Douglas
- Hoërskool Stella
- Landboudal Hoërskool
- Loskuil Primêre Skool
- Trio Hoërskool
Die algehele wenner, wat die volledige landboupakket gaan ontvang, sal tydens die eksklusiewe Reinke Jaarlikse Gala op 27 November aangekondig word.
Luister na OFM se Good Morning Breakfast of besoek die OFM-webwerf op Donderdag 28 Januarie 2027 om uit te vind watter skool as die groot wenner gekroon is!
OFM is ‘n trotse mediavennoot van die Besproei Vir Groei Landbouprojek vir Skole.


