On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams
Nampo Oesdag 2018

Nampo Oesdag 2018 Venue: Nampo Park buite Bothaville


Oes wyd en syd tydens die 52ste aflewering van Graan SA se Nampo Oesdag, een van die grootste landbou ekspo’s in die Suidelike Halfrond! Reeds vanaf 14 tot 18 Mei 2018 kom OFM na jou regstreeks vanaf Nampo Park buite Bothaville.

Vanaf 13:00 tot 16:00 bring ‘At Lunch’ met Cyril Viljoen, en weer vanaf 05:00 tot 06:00 tydens ‘Before Dawn’ met Gerben van Niekerk, jou spesiale landbou-insetsels en onderhoude met die kenners.

Staan 10:00 - 15:00 ’n kans om te wen met die OFM Pryskluis by die buite uitsendingseenheid op die terrein! Kyk hoeveel kluise jy kan oopsluit deur die regte sleutel te vind. Daar’s ook daagliks R1000 op die spel, so maak seker jy maak ’n draai!

En, 07:00 - 17:00 hou die ‘Eye-In-The-Sky’ jou op hoogte van verkeer rondom Nampo Park.

Sedert die eerste Nampo Oesdag in 1967 gehou is, het hierdie toonaangewende agri-ekspo van krag tot krag gegaan. Met honderde uitstallers en derduisende besoekers beloof die 52ste aflewering van Nampo Oesdag om weereens die hoogtepunt op Sentraal Suid-Afrika se landbou kalender te wees.

OFM is trots om deel te wees van Nampo Oesdag met regstreekse uitsendings vanaf Nampo Park, net buite Bothaville.

Vind meer uit oor Nampo Oesdag hier: http://www.grainsa.co.za/pages/nampo/exhibitors/general-information

View All

News

Charlie Kirk: Verdagte glo in verhouding met transgender persoon

Die verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy die regse aktivis Charlie Kirk doodgeskiet het, verskyn Dinsdag (16/9) in die hof. Hy was glo in ’n romantiese verhouding met sy transgender huismaat.  Read More


Charlie Kirk: Ons hét verdagte, sê Trump

’n Persoon is in aanhouding wat in alle waarskynlikheid die verdagte is na wie landwyd gesoek is ná die sluipmoord van die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk, het pres. Donald Trump van die VSA...  Read More


FBI wys video, foto’s van Charlie Kirk se vermeende skieter

’n Man in swart geklee hardloop oor die dak vanwaar die skoot afgevuur is, spring verskeie meter na benede en verdwyn in ’n beboste gebied naby die kampus van die Utah Valley University in Amerika.  Read More


Charlie Kirk: Moordenaar nog soek, video skok wêreldwyd

Video’s van die skietery word wêreldwyd versprei en die polisie in die Amerikaanse deelstaat soek steeds na die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk (31) se moordenaar.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.